Iets is aan die broei die vis gaan byt

Iets is aan die broei die vis gaan byt

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek hoop my voorspelling is in die kol. Moet erken, daar is niks om dit te staaf nie, maar gegrond op wat in die verlede gebeur het (Mei/Junie/ Julie) is dit wel moontlik.

Onlangse bootvangste was  niks om oor huistoe te skryf nie, daarvoor was die water te “deurmekaar”. Hoewel heelwat van die regte wind (wes, suidwes en ook noordwes) gewaai en jy met baie moed see toe is, het die vis net nie gebyt nie. Al wat redelik beskikbaar was was hotties, PW’s en roman. Oulywe het ook gesig gewys maar moet nog volstoom aan die gang kom. Ek dink die vis behoort binnekort te begin byt (opdaag?). Ek persoonlik dink dit sal nie meer lank wees nie. Dis ‘n goeie plan om jou gereedskap intussen voor te berei. Sal dit nie aangenaam wees om te spook met ‘n ordentlike geelbek of miskien ‘n regte hardekoejawel snoek nie?

 Vanaf einde Mei begin ons met iets nuuts in die hengelrubriek. Voor die aanvang van elke nuwe maand  sal ‘n opsomming verskyn van bootvangste wat in daardie spesifieke periode van toepassing is vir die jare (1999 [beperk] en 2000 tot 2014). Ek moet dit duidelik maak dat dit slegs vangste en geleenthede is waarby ek persoonlik betrokke was (kommersieel sowel as sport en ontspanning) en die verwysings sal korrek wees. Alle ondermaatvis is teruggeplaas. Statistieke sal verskil  aangesien een skipper byv. op haaie mag konsentreer terwyl die ander hotties verkies  --  dus is geen vangste werklik verteenwoordigend van ‘n spesifieke vis nie.

My opsommings en gevolgtrekkings, hoewel dit nie kan beskou word, as sou die vangste in die toekoms weer so wees nie, sal wel ‘n aanduiding gee van wat in daardie besonderse maand raakgeloop kán word. Onthou egter dat die weer altyd ‘n effek op vangste sal hê. Alle sukses!  

Groete, Seemeeu

Foto 1: Relêks se manne maak reg om see toe te gaan

Foto 2: ….. en as die vis nie byt nie, wys gerus die kleingoed wat eendag op hulle wag.

Iets is aan die broei die vis gaan byt

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles