Rolbal Toernooi

Rolbal Toernooi

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hierdie tyd van die jaar hou rolbalspelers die weervoorspelling baie goed dop.  Hulle kon egter nie kla nie want die afgelope tyd het ons ideale rolbalweer beleef waarvoor ons dankbaar is.  'n Mens kon die uitwerking van sulke mooi herfsdae duidelik op die deelnemers aan 'n geslote gemengde driespel toernooi op 13 Mei 2014 te Franskraal waarneem. Almal was opgeruimd en 'n gees van goedige mededinging het geheers. (Die bietjie reën later in die middag te spyt).

Die wenners van die dag was Jan Fouché, Charlie Nowers en Dalena Wessels met 28+14 punte. Die naaswenners was Boetie Retief, Comine Groenewald en Gerrie Fourie met 28+5, gevolg deur Gideon Pienaar, Jane de Villiers en Freddie van Eeden met 28+2.

Ons is ook baie dankbaar dat ons weer op een van ons staatmaker borge se nommer kon druk.  OK Foods het, soos so dikwels in die verlede, die dag geborg

'n Dag na Tommie van Niekerk saam met sy klublede die toernooi geniet het, het hy die klub se naam hoog gehou tydens die Boland Senior Meesters Enkelspel kampioenskapstoernooi waar hy 'n brons medalje gewen het.  Daarna het hy saam met 'n speler van Robertson, Martin van Zyl saamgespan om aan die Nasionale mans pare kampioenskap deel teen waar hulle tot die laaste twintig spelers deurgedring het.  Die volgende rondtes word later gespeel.  Wel gedaan Tommie.  Ons hou duim vas vir julle!

Pieter Conradie

Foto : Ivan Giles (President), Jan Fouche, Dalenea Wessels en Charlie Nowers - wenners van die OK-borgdag.

Rolbal Toernooi

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles