Black Leaves toon karakter wen 29 26

Black Leaves toon karakter wen 29 26

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gansbaai Black Leaves A-span het verlede Saterdag 'n noue ontkoming teen Ashton United beleef deur met 29-26 te ontsnap. Om vir die grootste gedeelte van die wedstryd agter te loop (op 'n stadium 7-26) en te wen het regtig mannemoed gekos. Die span het goed vertoon na voorverlede Saterdag se verloorstryd teen Bredasdorp se Standards en kan nou daarna uitsien om Kleinmond komende Saterdag (24 Mei) op hul tuisveld aan te durf.

Eers het die 3de span van die dag hul onoorwonne segetog voortgesit deur hul eweknie met 12-7 kaf te draf. Soos dinge nou gaan in die 3de span ding almal mee om 'n plek daar. Pieter Jantjies (afrigter) en Vicky (span-bestuurder), bestuur hulle span van jeug en ervaring met 'n ope beleid. Veral Koppe het getoon dat hy nog oor groot trefkrag beskik toe hy 'n plettervatlopie op die opponent toegepas het. Melly Tobias en Daniel Dreyer kuier agter die doellyn elk en Wilfred Tobias behaal 'n doelskop (12-7). Met die aanbreek van die 2de span wedstryde was daar ook uitgesien na 'n goeie wedstryd, wat wel was aan beide kante, maar die Black Leaves B-tuisspan moes ongelukkig die knie buig en (10-13) verloor. Black Leaves se B-span is nog nie 'n sodanige gevestigde span nie. Daar is nog te veel weiding duskant hul grense. Die B-span het hard probeer om die agterstand uit te wis maar het nie genoeg afronding getoon nie. Na 'n mooi beweging word Brendon Dickson deur 'n gat gesit met Gregory Brett (slot) aan sy buitekant wat oorgestuur word vir 'n verdoelde drie. Die span kon maar net nie uit die greep van Ashton ontsnap nie en verkeer onder druk. Brendon behaal 'n strafskop (10-13). Greg (Yster) met 'n oop doellyn weer eens voor hom, slaan so waaragtig die bal aan en Yster verloor die wedstryd vir die Baai (power afronding).

Die grote waarvoor almal gewag het, het op dramatiese wyse begin en geëindig.

In 'n japtrap het Ashton die Gansbaaiers gou twee keer agter hul eie doellyn laat staan (12-0). In hierdie helfte het Ashton solied vertoon en baie druk toegepas deur die veld te verlaat met 19-5 danksy 'n langafstand onderskep drie deur die heelagter, Clayton Niemand.

Met die aanbreek van die tweede helfte het die vonke behoorlik gespat met Gavin Wildschut wat na 'n lang afwesigheid weer sy verskyning op die veld gemaak het. Hierdie energieke losvoorspeler het behoorlik met sy kragdadige stormlope laat brand, die ware yster. Rieduwaan Preslin en sy ander troepe het meer samespel getoon en fase spel gespeel. Sodoende is nog verdienstelike 3 drieë gedruk om die eindtelling op 29-26 te staan te bring (ongelooflik maar waar).

Kleinmond sal Saterdag met dieselfde momentum getref moet word.

Puntemakers: A-span: Drieë: Clayton Niemand (1), Dilano Booysen (1), Steward Jacobs (1) en Francie Pieters (1) elk. Strafskoppe: Steward Jacobs (3).

So Sê Bra "G"

Black Leaves toon karakter wen 29 26

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles