AfriForum help Uilkraal beveilig

AfriForum help Uilkraal beveilig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag om 12:00 te Uilenkraalsmond Oord ’n gholfkar en veiligheidstoerusting aan die Uilenkraalsmond Buurtwag oorhandig. Die oorhandiging vorm deel van AfriForum se landelike en residensiële beveiligingsinisiatief in die Wes-Kaap, wat Februarie vanjaar geloods is.

“Die inisiatief wat die Uilenkraal-buurtwag aan die dag gelê het om hul omgewing te beveilig is inspirerend, en AfriForum wil graag hul hand versterk met die oorhandiging van die gholfkar en veiligheidstoerusting,” het Stefan Pretorius, AfriForum se provinsiale koördineer vir die Wes-Kaap gesê.

Hierdie is 'n loodsprojek van AfriForum en 'n eerste in Suid-Afrika. Die gholfkar het 4 sitplekke wat Buurtwaglede gouer na probleemareas kan vervoer. Verskeie uitrusting het ook hiermee saamgegaan (soos sterk flitsligte, pepersproei en roterende flikkerligte). Hierdie nuwe gholfkar sal die Buurtwag nog meer sigbaar maak. Die eerste gholfkar het die misdaad posisie op Uilkraal handomkeer verander en kan spog dat hulle 'n jaar laas 'n huisbraak gehad het. Daar is op die oomblik 21 lede en elke lid doen tussen 6-10 ure diens per week. Tye word gereeld verander en verskeie kameras is in Uilkraal geïnstalleer. Die kameras stuur foto's na die rekenaar en selfoon (rooi foon) op die gholfkar. Binne 1 minuut verskyn die foto van die persoon wat deurbeweeg op die rekenaar en selfoon. Kameras word gereeld verskuif om voornemende misdadigers nog meer ongemaklik te maak. Kennisgewings is op verskeie plekke aangebring wat persone waarsku dat die area deur kameras gedek word. Kameras stoor 820 foto's wat nagegaan kan word indien enige probleem ontstaan. Buurtwaglede is uitgerus met 'n goeie radio en flits. Enige inligting wat verkry word, word aan lede versprei. Die oudste gholfkar staan nou op blokke en is "Junior Buurtwag" gemerk waar ons kinders hulle gate uit geniet. 'n Mooi storie is van 'n seuntjie van ongeveer 5 jaar oud wat 'n pakkie skyfies en 'n donasie van 20 sent by Buurtwag se kantoor kom aflewer het. So hulle begin reeds jonk besef wat die waarde van veiligheid is. 'n Dag om die ouer mense meer bedag te maak teen misdaad word ook beplan. Waarom wag totdat 'n misdaad gepleeg is? Tree voorkomend op. Uilenkraalsmond Buurtwag het nou 2 gholfkarre en 'n vierwiel motorfiets.

Indien enige iemand belangstel om by die Buurtwag aan te sluit of om enige verdere inligting te bekom kan PJ Venter by 072 947 6147 geskakel word.

Foto: Die groep verteenwoordigers tydens die oorhandiging van die gholfkar met voor links: Ian Cameron (Hoof Veiligheid AfriForum RSA), Stephan Pretorius (AfriForum Wes-Kaap Streeksverteenwoordiger) en Paul Venter (Koördineerder van die Buurtwag) agter die stuur.

AfriForum help Uilkraal beveilig

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles