Die Whale Coast Conservation Bewarings Vereniging van die Overstrand is tans met 130 Eco skoolbesoeke besig.
Tien stalletjies met demonstrasies van hoe om elektrisiteit van branderaksie, wind en sonkrag te verwek eerder as van steenkool, hoe om krag te bespaar, die belangrikheid van vars water, vullisverwydering en herwinning, asook hoe om kombuisafval produktief aan te wend.
Gansbaai Primêr is een van die skole wat besoek is en die leerders het die aanbiedinge baie geniet en leersaam gevind.
Francois de Jongh