GANSBAAI IN DIE NUUS 1975

GANSBAAI IN DIE NUUS 1975

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Snoek is weer volop op Gansbaai en vakansiegangers kan weer snoekpens braai en selfs biltong droogmaak om saam te neem vir die vishonger-dae in die binneland. Ongeveer 100 000 harders (23 000 kg) is die afgelope twee dae by die Plaat getrek.  Volgens  mnr. Coen Swart van die Vis-Koöperasie, is die koue store vol en kan hulle nie meer harders neem nie.  By Uilenkraalsmond is ook ‘n paar duisend harders getrek wat deur private kopers geneem is.  

Maandag alleen is 75 000 by die Koöperasie afgelewer.

Die ontvangs van die eerste TV-uitsending op Gansbaai en De Kelders was puik. Mnr H. de Goede, eienaar van die plaaslike hotel, het ‘n T.V.-stel in die kroeg laat installeer. Volgens die inwoners van Gansbaai is die beeld baie duidelik en die ontvangs goed.

Die volgende inwoners van Baardskeerdersbos het na Suidwes-Afrika vertrek waar hulle familie in Walvisbaai sal besoek:  mnr. en mev. Koos de Wet, mnr. en mev. Henry de Wet, mnr. en mev. Wynand Louw en mev. Manie Groenewald, mev Katriena de Wet en mej. Magda de Kock.

Verlede Saterdag is ‘n boot-eienaarsvergadering op Gansbaai gehou.  Die booteienaars wil graag die fabriekskwota van 28 000 metrieke ton sardyn verdeel onder nege bote sodat elkeen ‘n bootkwota kry.  Volgens mnr. P.L. Zietsman, voorsitter van die vergadering en reeds baie jare adviseur van die booteienaars, was daar by die begin van die fabriek, nege bote van amper 20 meter elk.

Dit is ‘n paar  van die talle nuusbrokkies waaruit ons tans besig is om die Gedenkboek vir Gansbaai saam te stel.  Op die oomblik is dit nog net sorteer en liasseer, maar hopelik kan ons binne ‘n maand of twee begin met die samestelling van ‘n pragboek vir die omgewing. 

Ons beplan ‘n dorpsboek en hoop om soveel as moontlik van die plaaslike inwoners te betrek.  Dit is nou jou kans om jouself en jou voorfamilie se name te verewig met foto’s of stories.   Dié boek sal hopelik by die volgende eeuwending as bron gebruik word.  Ons werk tans deur geskrewe inligting wat ouer as 100 jaar is!

Jan en SD Fourie,   Epos: sdfourie@telkomsa.net

GANSBAAI IN DIE NUUS 1975

Jan en SD Fourie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles