Die pragtige 212cm x 165cm kwilt wat deur die Pearly Patchers Quilting Group van Pearly Beach aan BARC geskenk is, is onlangs deur Petra Maasdorp van Klipfonteyn gewen.
Die enorme kwiltwerk met kleurvolle diere-voorstellings daarop uitgewerk, is met behulp van lootjies gewen. “Ek is baie trots daarop, maar het beplan om dit mettertyd aan iemand as ‘n liefdadigheidsgeskenk te oorhandig,” het Petra gesê. Annalie hou graag die volgende bedankings aan persone/instansies waar lootjies verkoop is (alfabeties) voor: Biblioteek, Bon Bon Materiale, Chicken Land, Deon Pitzer se kantoor, Die Petshop, Dr Liesel Trollope, Elsabe Schoombie, Factory Shop, Henty O'Callaghan, Needles & Pins, Petra Maasdorp (wenner), Rooi Bier in Pearly Beach (spesiale dank vir 8 lyste wat verkoop is), Salon Janine en Salon Tizelle. “Die pragtige bedrag van R4,020 is ingesamel en hierdie fondse gaan vir gratis sterilisasies aangewend word,” het Annalie Jonker van BARC gesê. “Die datum daarvoor sal later bekendgemaak word, maar intussen wil ons almal wat hierdie projek ondersteun het, van harte bedank.”
Foto: René Jacobs, bestuurder BARC 2hand Shop, het die pragtige kwilt aan Petra Maasdorp oorhandig.