BRANDWEERDAG BOU BETER BANDE

BRANDWEERDAG BOU BETER BANDE

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Internasionale Brandweerdag is op Saterdag 3 Mei met ‘n reuse-saamtrek van Wes-Kaapse brandweereenhede en reddingsdienste op Hermanus gevier.

Brandweervoertuie en –personeel van die distriksmunisipaliteite Overberg, Weskus, Eden, Kaapse Wynland, Stad Kaapstad en die plaaslike owerhede van Overstrand, Stellenbosch, Drakenstein, Breede-vallei, Langeberg, en Hessequa het aan ‘n optog en demonstrasies deelgeneem. Ook spanne van die Nasionale Seereddingsinstituut en die Wes-Kaapse Mediese Reddingsdiens was teenwoordig. Ingesluit by die program was ‘n spanuitdaging wat deur die Eden-distriksmunisipaliteit gewen is. Drakenstein het die prys vir spangees gekry en Overstrand het sy naam die beste uitgebeeld. In ‘n kort erediens deur kapelaan Robson is die laaste eer bewys aan brandvegters wat hul lewens die afgelope jaar verloor het.

Volgens Overstrand-burgemeester Nico-lette Botha-Guthrie is brandbestryding die naas-gevaarlikste beroep in die wêreld, maar diegene wat daarby betrokke is het dit as ‘n bestaansnorm aanvaar en put vreugde daaruit om lewens te red, beserings te verhinder en rampe te voorkom. Elke edele saak in die geskiedenis is gerig deur die basiese oortuiging dat daar goedheid in die mens is. In die poging om lewens en eiendom te red, moet hoë vlakke van diens gehandhaaf word en dit verg toewyding en betrokkenheid. In die proses doen brandweerpersoneel jare van self-ontwikkeling en ervaring op. “Dit is nie ‘n normale werk nie, maar eerder ‘n lewenswyse waarvan die waardes in jou hart vasgelê word.  Die selflose dapperheid en integriteit van ‘n brandweerman word nie maklik deur ander verstaan nie en die algemene publiek is nie bewus hoe gedrewe die brandvegters is deur hul geloof in die mensdom, selfs onder die moeilikste van omstandighede nie,” het sy gesê.

Die Burgemeester het die hoop uitgespreek dat die verrigtinge van die dag beter begrip sal bevorder van wat dit verg om ‘n brandvegter of ‘n noodspesialis te wees.

Die Hangklip-area was sterk teenwoordig en Pringlebaai se brandweerwa was ook ‘n prominente deel van die uitstallings.

Wendy Tawse van Bettysbaai sê die dag se gebeure het haar beïndruk. “Ek glo dit kan net elke jaar groei en beter word.”

SSMA/Fanie Krige

Foto 1: ‘n Indrukwekkende drilvertoning is deur die Working On Fire-span gelewer.

Foto 2: Twee ou strydrosse van brandbestryding in Overstrand, Joe Schoeman en Riaan Jacobs, het die dag terdee geniet.

BRANDWEERDAG BOU BETER BANDE

SSMA Fanie Krige

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles