Blow the Whistle

Blow the Whistle

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Gansbaai het, met behulp van die leerders, die afgelope tyd ‘n suksesvolle projek geloods. “Ons het onder andere beplan om ‘n inligtingsessie in samewerking met Gansbaai SAPD te reël om leerders meer bewus te maak van die blaas van ‘n fluitjie in noodgevalle,” vertel mnr Eben van der Merwe, skoolhoof van Laerskool Gansbaai.

“Die projek het hoofsaaklik ontstaan ná die tragiese verhaal van die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp wat gemartel en verkrag is en daarna vir dood agtergelaat is.” Met statistieke wat toon dat 3 vroue in Suid-Afrika verkrag word voor die ouderdom van 18, het die skool en leerders besluit genoeg is genoeg en almal het die reg om te lewe. Die “Blow the Whistle” projek is van stapel gestuur en fluitjies word teen R40 per fluitjie verkoop. Die breinkind agter hierdie projek is die Blou Bul en Springbok Skrumskakel, Francois Hougaardt.

In ‘n skrywe aan onder andere Gansbaai OK Foods, is die versoek gerig dat die Bestuur dit sou oorweeg om van die fluitjies vir hulle personeel aan te koop, of om ‘n donasie te maak ten opsigte van die aankoop van fluitjies vir leerders wat dit nie self kan bekostig nie. Gansbaai OK Foods se eienaars, Chris en Petra van Rensburg, het besluit om ‘n ruim bydrae van R1,000 te maak. Hierdie bydrae is alleenlik bedoel vir leerders wat nie self fluitjies kan bekostig nie. Op 12 Mei 2014 het mnr Van der Merwe persoonlik die tjek ten bedrae van R1,000 in ontvangs kom neem en sy opregte waardering daarvoor uitgespreek.. 

Hardus Botha

Foto: In die middel ontvang mnr Eben van der Merwe die tjek ten bedrae van R1,000 van Gansbaai OK Foods, Chris en Petra van Rensburg

Blow the Whistle

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles