Storm gereed

Storm gereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gereelde besoekers en inwoners wat in die omgewing van die nuwe hawemuur vir ontspanning gaan stap, sou die afgelope tyd enorme sementblokke in houtomhulsels daar opgemerk het. Hierdie blokke is deel van 8 vasmeerblokke (“mooring blocks) van Bertie Ramsauer van Dyer Eiland Visserye wat teen hoë kostes vervaardig word. Die enorme blokke weeg sowat 10 ton elk, met ‘n maat van 2.4m x 1.4m. In die middel steek ‘n enorme dik ketting uit waaraan die vissersbote geanker word om vir die winter se stormsee in Gansbaai hawe voorsiening te maak. Die blokke word met baie groot moeite en arbeid die hawe ingesleep en dan met ‘n lugsak die water in laat sak - een voor en een agter elke boot, waaraan die bote dan ekstra stewig vir die wintermaande se seestorms geanker kan word.

Nuwe Hawemuur: Uit gesprekvoeringe blyk dit dat die nuwe hawemuur se eerste reguit gedeelte ‘n groot bron van kommer is. “Daar is ‘n baie lang gedeelte onder die wal wat sodanig uitgekalwe is dat die seewater vryelik deurstroom en die moontlikheid van die wal wat in duie kan stort, kan nie uitgesluit word nie,” het verskeie persone gesê. Voorts veroorsaak die vrye deurspoel van die water sterk strome die hawe in, met ‘n eweneens sterk stroom wat by die ingang van die hawe inkom. Gansbaai Courant het op 9 Mei 2014 ‘n e-pos aan mnr Williams, Direkteur in die Departement gestuur waarin navrae in hierdie verband gerig is.

Die navraag is deur Fanie Fourie aan die Departement van Openbare Werke (DOW), voog van Gansbaai Hawe, gestuur en Fanie het die volgende inligting in hierdie verband ontvang:

“DOW het gereageer deur aan te dui dat hulle inderdaad baie besorg is oor die toestand van alle hawemure in die twaalf gelyste vissershawens en tans in die proses is om ‘n professionele taakspan saam te stel om ondersoek in te stel na die toestand van sodanige mure. Sodra sodanige taakspan se verslag gefinaliseer is, sal DOW besluit op verdere stappe indien benodig. DOW het ook daarop gewys dat hulle nie tans bewus is van enige verbrokkeling in die Gansbaai hawemuur nie, maar het gemeld dat in gedagte gehou moet word dat die Gansbaai hawemuur sodanig ontwerp is dat daar doelbewus verskeie openinge in die betrokke muur is om te help met modulering van die waterdruk weerskante van die muur.”  

Hardus Botha

 Foto: Een van die enorme vasmeerblokke (“mooring blocks) van Bertie Ramsauer van Dyer Eiland Visserye by Gansbaai Hawe se nuwe hawemuur, met ‘n tweede een in ‘n proses van finalisering langs-aan

Storm gereed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles