Vrolike Birkenheaders

Vrolike Birkenheaders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die vrolike Birkenheaders van die Birkenhead Boothengel-klub het voortgegaan met hulle maandelikse funksie, ongeag die boothengelkompetisie wat as gevolg van gure weersomstandighede afgelas is.  

Die borggeld ten bedrae van R500, wat deur Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop geborg is, moes vir die volgende boothengelkompetisie oorstaan. Die smaaklike ete het uit sop as voorgereg bestaan, met die hoofgereg as sappige hamburgers, skyfies en slaai, met sago-poeding as nagereg. Manie van Dyk, ondervoorsitter, het die verrigtinge in die klub se voorsitter, Philip Fourie se afwesigheid hanteer.

Die gebruiklike geluktrekkings is weer eens deur Johan Wiese gereël, met Linda Kloppers wat die trekking van nommers hanteer het. Die gelukkige wenners van die twee bottels wyn was Tollie Thompson en Jan van Zyl.

Raymond Rabe het oudergewoonte sy bekende Musiekfabriek van vroeg af aan die gang gekry en tot laataand vir voetejeuk-musiek gesorg. Die einste Tollie is ook saam met haar eggenoot, John Thompson, gelukgewens met hulle 47ste huweliksherdenking die daaropvolgende Dinsdag, 27 Mei 2014. Kennis moet geneem word dat boothengelkompetisies nie meer noodwendig op die 1ste Saterdag van elke maand plaasvind nie.

Die volgende boothengelkompetisie is vir 14 Junie 2014 geskeduleer, wat die gebruiklike aandfunksie sal insluit. Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.

Hardus Botha

Foto: Vlnr is Johan Wiese, Tollie Thompson, Linda Kloppers en Jan van Zyl na afloop van die gelukstrekking tydens die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse funksie. Foto: Linda Kloppers

Vrolike Birkenheaders

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles