Vierde Academia Cultivaria

Voor ons oë kon uitvee het die jaarlikse Cultivaria aangebreek. Gou is besef dat die middeljaar eksamen om die draai lê en dat die geleentheid die laaste pretaand van die kwartaal is.

Donderdagaand 15 Mei het die skoolsaal se dak gelig met al die talent op die verhoog. Ten spyte van die gure weer was die saal gepak. Die marimba orkes het die aand afgeskop en is gevolg deur klets rymers, sangers, dansers en ‘n drama deur van die personeellede. Die aand is afgesluit met ‘n personeelkoor. Nou is die skouer aan die wiel en hard leer vir die eksamen wat op die 2e Junie begin.

Liezel Mostert