Kleinmond troef Black Leaves 10 5

Kleinmond troef Black Leaves 10   5

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met 'n naelskraapse oorwinning deur Kleinmond teenoor die Gansbaaiers verlede Saterdag, is die manne steeds hoopvol om die laaste vier oorblywende wedstryde in die eerste rondte in te palm.

A-Span: Soos die telling van 10-5 aandui het Black Leaves self goed op die aanval en verdediging vertoon, maar swak oordeel en te min kontinuïteit in die span was hul ondergang teen Kleinmond. Met 'n span wat omtrent die helfte van hul spelers op die kantlyn weens beserings het, was daar soms te veel individuele spel wat vloei ontwrig het in die winderige toestande.

Kleinmond ruik eerste bloed met 'n onverdoelde drie wat die telling op (5-0) te staan bring. Nadat die manne mekaar behoorlik op en af met die bal gepeper het, besluit die Baai om meer te werk met die bal in die hand. Gepaslik sit Black Leaves een van sy telkemale dryf maal bewegings op in hul opponente se gebied waar Peter John Aploon afrond met 'n drie (5-5).

Met spel wat aan albei kante opgedis word is dit Kleinmond se vleuel wat albei Black Leaves se vleuels na lug laat gryp. Die gevolg is, Black Leaves se vleuels lê op die grond en Kleinmond se vleuel agter die doellyn (10-5). So het die twee spanne mekaar gehou totdat dit ook die eindtelling was.

Daar kan verwag word dat daar 'n veel sterker span komende Saterdag (31 Mei) tuis teen Caledon in die veld gestoot gaan word.

B-Span: Die B-span wat ook daarna smag om weer 'n oorwinning te kan proe naas Genadendal, het weer eens teen Kleinmond in die stof gebyt. Ten spyte van die feit dat hierdie span van Daan Blood (afrigter) maar yl gesaai is, daag hulle steeds op vir hul verpligtinge. Myns insiens het hierdie span die gemiddelde ouderdom en kan nog goed ontwikkel as 'n eenheid.

Daar was nog baie hoop vir die B-span met die telling op 15-7 in Kleinmond se guns om die agterstand uit te wis. Baie verbroude kanse in vele fasette het hulle die wedstryd gekos toe Kleinmond se B-span deur Black Leaves bars vir nog twee drieë (maak reg vir Saterdag teen Caledon).

C-Span: Hierdie derde span van Black Leaves sê of jy hom nou by die huis of weg vanaf die huis aandurf, pyn sal jy pyn. Dit het hierdie span Saterdag vir die sesde agtereenvolgende keer reggekry deur Kleinmond se derde span met 6-0 te karnuffel.

Dit kan Saterdag teen Caledon dalk vroeg die geval wees waar die manne van die derde span al vroeg die skuimkoppe kan skiet met 'n oorwinning oor hulle eweknie. Hoekom dan sommer ook nie wed op die A- en B-span se oorwinnings vir die dag nie.

Hekke open om 12:00 (Blompark Sportgronde)

Hekgelde:              R10 – vol + R5 – half (pensionarisse Gratis)

Hoofwedstryd begin om 16:00

Kom en geniet die rugby en ons gedra ons almal mooi. Black Leaves sal sorg dat Caledon hulle op die veld mooi sal gedra om nie die doellyn oor te steek nie.

So sê Bra "G"

Kleinmond troef Black Leaves 10   5

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles