Dion Punt Ligatoernooi

Dion Punt Ligatoernooi

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit word algemeen aanvaar dat 'n rolbalafrigter jou kan leer om 'n bal te rol wat die verlangde afstand sal rol.  Ons noem dit die regte gewig.  Hy of sy kan jou ook leer om die regte lyn te rol, want die bal sal altyd na die een of ander kant draai.  Ons noem dit die regte gras.

Daar is egter 'n faktor wat net die speler self kan baasraak en dit is die sterkte van 'nwind wat waai.  Verlede Saterdag tydens 'n toernooi waaraan spanne van Franskraal, Kleinmond, Hermanus, Caledon en Greyton by Hermanus deelgeneem het, was dit die geval toe 'n sterk noord-wester spelers se vermoë om by sulke winderige omstandighede aan te pas, tot die uiterste getoets het.

Die Dion Punt ligatoernooi is oor twee weke gespeel en elke klub het die geleentheid gekry om teen al die ander klubs te speel. Nadat die punte wat elke klub se spanne oor hierdie tydperk behaal het, bymekaar getel is, het dit geblyk dat Franskraal die beste daarin geslaag het om die wind op die laaste dag te tem en het hulle as die algehele wenner uit die stryd getree.

Die dag het ten spyte van die moeilike omstandighede goed verloop en Hermanus Rolbalklub word hartlik bedank vir die reëlings en verversings wat voorgesit is.

Welgedaan en geluk aan Franskraal Rolbalklub.

Una Conradie

Spanfoto:  vlnr Marius de Wit, Chris Malec, Wally Nimb, Jaco Swart, Pieter Conradie, Jan Fouche, Ivan Giles, Gideon Pienaar, Johan Fick,  Philip Malherbe, Kris Jooste en Pieter Beukes

Foto 2: Ivan Giles - President Franskraal en Ristoff van Wyk,  Sone 3 Verteenwoordiger Boland

Dion Punt Ligatoernooi

Una Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles