Gee nog bietjie kans

Gee nog bietjie kans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nou ja, daar is geen opwindende hengelnuus nie, nie vir die bote nie, asook wat die manne met die lang stokke betref. In die vorige rubriek het ek die voorspelling gewaag dat hierdie situasie nie lank gaan aanhou nie, en ek voel nog steeds so. Ek grond my bevinding nie soseer op my optimisme nie en ook nie op die huidige weersomstandighede nie. Selfs nie oor wat in hierdie komende maand die afgelope jare gevang is nie, maar op die volgende: Daar is geen manier dat die weer dieselfde gaan bly nie, dis amper volbloedwintertyd, en dís die weer wat die verandering gaan bring. Dan is daar nog “Murphy’s law” wat beteken dis tyd daarvoor, in elk geval!

Hierdie week die eerste van ‘n aantal plasings oor wat in ‘n sekere maand die afgelope jare gevang was.Dit sal aan die einde van elke maand verskyn en ‘n aanwysing vir die volgende maand bevat. Hou in gedagte dat dit nie beteken dat die vangste (in hierdie geval, Juniemaand) weer sal ooreenstem nie. Dit dui egter aan wat moontlik is, en soos gesien kan word, die verskeidenheid vis is genoeg vir lippe aflek. Die weer moet net saamspeel.

Daar word wel heelwat jong makriel gevang. En gerook, wie gaan kla?!

Opsomming JUNIE 1999-2013

2000. Geen rekord (Junie)

2001. Haai, baie kabeljou en geelbek

2002. Geelbek, haai, kabeljou, roman, hotties, PW, 1 makriel!

2003. 1 stokvis!! Hotties, snoek, geelbek, kabeljou, roman, baie makriel, mooi elwe.

2004. Kabeljoutjies, hotties, paar mooi geelsterte, roman, PW’s. (Paar ander bote vang paar bakke geelstert). Baie oulywe. Redelik geelbek. Elf.

2005. Haai, ondermaat silwervis. Elf, hotties, roman. *Wintergeelbek gee (normaalweg) pad na Moddergronde en dieper.

2006. Klein kabeljoutjies, 1 geelbekkie, paar silwervisse, haai, roman.

2007. Mooi PW’s. Roman, hotties, paar elwe. 1 ondermaat geelbekkie.

2008. Vangste swak. Klein vis.

2009. Paar geelbekke. Hotties, PW’s, haai, 1 witsteenbras (8,1 kg.), kabeljou. *Geelstert word by Eiland gevang.

2010. Roman, hotties, haai, snoek, makriel, silwervis.

2011. Makriel, oulywe.

2012. Hotties, silwervis, kabeljoutjies, haai, elf, snoekies.

2013. Hotties, roman, haai, 1 geelbek, silwervis.

Lekker vang, Seemeeu

Gee nog bietjie kans

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles