Slim vang sy Baas

Slim vang sy Baas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Pragtige groot, ligbruin boerboel het op Dinsdag, 3 Junie 2014 deeglik kennis gemaak met die uitdrukking: “Slim vang sy Baas”. Die goed versorgde hond het vermoedelik rondgedwaal op soek na kos en Burmar Civils Engineering in die Industriële gebied se gronde betree. Daar het hy op ‘n steen-geboude vullishok, “General Waste”, afgekom en doodluiters ingespring agter die reuk van die sakke aan. Wat Meneer nie geweet het nie, is dat die draaddeksel met ‘n houtpaal reggop gehou word…wat hy toe per abuis moes afgestamp het en die deksel het toegeklap…met hond-se-kind daarbinne. Louis van Schalkwyk het die toeklap van die deksel gehoor en ondersoek gaan instel. Die hond, wat waarskynlik verbouereerd in die hok gevoel het, het aggressief voorgekom en BARC is geskakel. BARC se Veldwagter, Antonie Jordaan en Gavin Hughes het tot die hond (of dalk die omstanders?) se redding gekom. Gavin moes van ‘n vangstok gebruik maak, aangesien die hond nie rustig wou raak nie. Die hond is na BARC se hokke geneem en het heel rustig voorgekom. Een van die werknemers, Piet Otto het Gansbaai Courant geskakel. “Minstens haal die hond die Courant,” was een van die werknemers se opmerking. Kort voor die ter perse gaan van hierdie berig, het Antonie laat weet dat die hond se eienaars hom dieselfde aand by BARC se hokke kom afhaal het.

Indiese Ringnek: ‘n Pragtige Indiese Ringnek  wat onlangs in die omgewing van Hoofweg 49, De Kelders gevang is, is in BARC se besit. Die eienaar van dié voël kan by BARC in hierdie verband navraag doen. Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie by 082-826-0631 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.

Hardus Botha

Foto 1: Gavin Hughes van BARC is besig om die hond versigtig met ‘n vangstok uit die steen-vullishouer te laat klim, waarna dit in die bakkie gelaai is

Foto 2: Die pragtige Indiese Ringnek wat aan BARC besorg is en na sy eienaar op soek is

Slim vang sy Baas

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles