Waboomsrivier se Wyne

Waboomsrivier se Wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos dit gewoonlik die geval is, het Gansbaai Wynproegilde se Meimaand byeenkoms met etlike verrassings vorendag gekom. Waboomsrivier Wynkelder, wat hoofsaaklik op grootmaat wynverkope fokus, het net drie bottelwyne op hulle webtuiste: Sauvignon Blanc 2013, Chenin Blanc 2013 en Arborea Red 2012. Hierdie beeld is egter terstonds vervang toe wynmaker Wim Viljoen tydens sy aanbieding met nie minder nie as 10 wyne vorendag kom om te proe en te beoordeel.

Een daarvan was hulle bottelwyn, Arborea Red 2012, maar die oorblywende 9 was almal tenkmonsters van hulle grootmaat wyne: Sauvignon Blanc 2014, Chenin Blanc 2014, Rosé Shiraz 2014, Shiraz 2014 (minder hout), Shiraz 2014 (meer hout), Pinotage 2014 (tradisioneel), Pinotage 2014, Shiraz (gefortifiseerd), Hanepoot (wit) en dan hulle Arborea Red 2012.

Die gaste se beoordeling het gewissel tussen sterk silwers en enkele goue toekennings. Waboomsrivier Wynkelder is in die Breërivier Vallei naby Worcester geleë en hulle grootmaat wyne bestaan uit sowat 40% rooi- en 60% witwyne. Wat Rosé betref, het Wim gemeld dat dié proe-genot groot opgang gedurende die afgelope klompie jare gemaak het. “Die vroeëre setlaars het hout van die Waboom, nou verwant aan die Protea-familie, Protea Arborea, gebruik om wa-wiele van te maak. Die bas van die Waboom, en selfs blare, is gebruik om ink van te maak, vandaar die naam Waboomsrivier Wynkelder,” het Wim gesê.

Wayne Devitt van Tolbos Bistro het homself oortref met sy broodtafel met hoender- en geelstert paté, saam met Tamatiebredie as hoofgereg en pannekoek slaapsakkies met piesang en karamelroom as nagereg. René Buys en Paul Dippenaar is aangewys om die gebruiklike blyke van waardering aan Wim Viljoen (aanbieder) en Annemarie Watney en Wayne Devitt van Tolbos Bistro te oorhandig. Voorsitter Helmie de Vries het die lede daaraan herinner dat daar nie ‘n byeenkoms einde Junie gaan wees nie, maar wel op Vrydag, 25 Julie 2014.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Foto: Die gebruiklike oorhandiging van blyke van waardering tydens ‘n gesellige wynproebyeenkoms in Tolbos Bristo, met vlnr Wayne Devitt, Renè Buys, Wim Viljoen, Annemarie Watney, Paul Dippenaar, Amanda en Helmie de Vries

Waboomsrivier se Wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles