DAFF goedkeuring vir een groot Brandbeskermingsvereniging vir die Overberg

DAFF goedkeuring vir een groot Brandbeskermingsvereniging vir die Overberg

Gansbaai Courant

Die meeste van die Overberg Distrik is nou gedek deur een Brandbeskermingsvereniging (BBV). Na maande van harde werk en insette van al die groot rolspelers is die distrik-wye Groter Overberg BBV gevorm en geregistreer by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF). Slegs Hagelkraal en Napier BBV’s het nog nie besluit om aan te sluit nie. Die distrik-wye BBV is ondersteun deur navorsing, personeel en befondsing deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram geaffilieerde GEF (Global Environmental Facility) FynbosFire projek.

Brandbeskermingsverenigings is gevorm om hulp te gee aan grondeienaars met veldbrande, omdat die Nasionale Veld-en Bosbrande van 1998 ( NVFFA ) al die verantwoordelikheid van veldbrande te voorspel, voorkom, bestuur en te blus op die grondeienaar sit. Die Groter Overberg BBV gee dus raad en bystand aan al sy lede deur die ontwikkeling en implementering van 'n veldbrand bestuurstrategie en gee hulp waar dit kan met brandbestryding, voorbereiding van brandstroke, brandstoflading vermindering en beheerde brande. Die BBV is nie 'n brandbestryding diens nie, maar sal help deur die fasilitering van beter kommunikasie, opleiding en die huur van die Working on Fire spanne en lug brandbestryding hulpbronne. Verdere sal die BBV die bewustheid rondom die risiko en gevare van veldbrande verhoog deur bewusmakingsveldtogte, toegang tot inligting en verspreiding van die daaglikse voorspellings van die brandgevaar indeks. Die Groter Overberg BBV bied ook lede die wetlike sekuriteit dat in die geval van 'n siviele geding teen hulle vir die skade wat deur 'n veldbrand veroorsaak is, hulle nie nalatig geag word soos uiteengesit in die NVFFA.

Vir 'n beter bestuur en om beter voorsiening te maak vir gebiede met verskillende brandbestuur behoeftes, is die Groter Overberg BBV verdeel in kleiner Brandbestuurseenhede (FMU). Hierdie FMU’s sal waar toepaslike soortgelyke gebiede dek soos die ou BBV’s of die Landbou Verenigings.

Die Groter Overberg BBV het die FynbosFire nuusbrief asook BBV kommunikasie aan al sy lede via e-pos aangestuur. As u ‘n lid is en hierdie kommunikasies in die laaste paar maande nie ontvang het nie, e-pos asseblief die BBV by die e-posadres onder, as dit wel kon wees dat die BBV 'n verkeerde e-pos adres het.

Werwing van nuwe lede, die voorbereiding van ‘n ingeligte strategie en bou van die nodige kapasiteit is tans van die grootste take van die nuwe BBV.

Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf www.overbergfpa.co.za of kontak ons hoofkantoor op info@overbergfpa.co.za of 028 425 1690 om lid te word.

DAFF goedkeuring vir een groot Brandbeskermingsvereniging vir die Overberg

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Dive into our selection of available properties and find the perfect home that matches your lifestyle and preferences.

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Thanks to your support, all the adorable puppies in our photos have been adopted!

BARC Animal Welfare
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Exciting news! Belle Vous has just received a fresh batch of second-hand clothing and shoes.

Belle Vous
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Ready for an adrenaline-packed Thursday? 

See All Articles