DAFF goedkeuring vir een groot Brandbeskermingsvereniging vir die Overberg

DAFF goedkeuring vir een groot Brandbeskermingsvereniging vir die Overberg

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die meeste van die Overberg Distrik is nou gedek deur een Brandbeskermingsvereniging (BBV). Na maande van harde werk en insette van al die groot rolspelers is die distrik-wye Groter Overberg BBV gevorm en geregistreer by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF). Slegs Hagelkraal en Napier BBV’s het nog nie besluit om aan te sluit nie. Die distrik-wye BBV is ondersteun deur navorsing, personeel en befondsing deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram geaffilieerde GEF (Global Environmental Facility) FynbosFire projek.

Brandbeskermingsverenigings is gevorm om hulp te gee aan grondeienaars met veldbrande, omdat die Nasionale Veld-en Bosbrande van 1998 ( NVFFA ) al die verantwoordelikheid van veldbrande te voorspel, voorkom, bestuur en te blus op die grondeienaar sit. Die Groter Overberg BBV gee dus raad en bystand aan al sy lede deur die ontwikkeling en implementering van 'n veldbrand bestuurstrategie en gee hulp waar dit kan met brandbestryding, voorbereiding van brandstroke, brandstoflading vermindering en beheerde brande. Die BBV is nie 'n brandbestryding diens nie, maar sal help deur die fasilitering van beter kommunikasie, opleiding en die huur van die Working on Fire spanne en lug brandbestryding hulpbronne. Verdere sal die BBV die bewustheid rondom die risiko en gevare van veldbrande verhoog deur bewusmakingsveldtogte, toegang tot inligting en verspreiding van die daaglikse voorspellings van die brandgevaar indeks. Die Groter Overberg BBV bied ook lede die wetlike sekuriteit dat in die geval van 'n siviele geding teen hulle vir die skade wat deur 'n veldbrand veroorsaak is, hulle nie nalatig geag word soos uiteengesit in die NVFFA.

Vir 'n beter bestuur en om beter voorsiening te maak vir gebiede met verskillende brandbestuur behoeftes, is die Groter Overberg BBV verdeel in kleiner Brandbestuurseenhede (FMU). Hierdie FMU’s sal waar toepaslike soortgelyke gebiede dek soos die ou BBV’s of die Landbou Verenigings.

Die Groter Overberg BBV het die FynbosFire nuusbrief asook BBV kommunikasie aan al sy lede via e-pos aangestuur. As u ‘n lid is en hierdie kommunikasies in die laaste paar maande nie ontvang het nie, e-pos asseblief die BBV by die e-posadres onder, as dit wel kon wees dat die BBV 'n verkeerde e-pos adres het.

Werwing van nuwe lede, die voorbereiding van ‘n ingeligte strategie en bou van die nodige kapasiteit is tans van die grootste take van die nuwe BBV.

Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf www.overbergfpa.co.za of kontak ons hoofkantoor op info@overbergfpa.co.za of 028 425 1690 om lid te word.

DAFF goedkeuring vir een groot Brandbeskermingsvereniging vir die Overberg

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles