Bestuur jou finansiele risikos met oorleg in strawwe ekonomiese tye

Bestuur jou finansiele risikos met oorleg in strawwe ekonomiese tye

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verbruikers steier onder die druk van prysverhogings en sal streng volgens ’n begroting moet begin bestee, en terselfdertyd voorsorg moet tref om hul groot finansiële risiko’s te dek, sê Karin Muller, Hoof: Sanlam Groeimarkoplossing, na aanleiding van die vrystelling van die jongste Verbruikersprysindeks-syfers in Maart.

Hoewel inflasie net effens gestyg het van 5,8% in Januarie tot 5,9% in Februarie (net-net binne die SA Reserwebank se teiken van maksimum 6%), is die meeste verbruikers se ervaring moontlik anders, met inagneming van hul eie begroting en hoe hulle hul inkomste bestee.

Almal ervaar egter die realiteit van prysverhogings, sê Muller. “Afgesien daarvan dat verbruikers nog die rentekoersverhoging van 50 basispunte wat in Februarie aangekondig is probeer absorbeer, moet ons ook ons begrotings bestuur om ’n maandelikse styging van 1,1% in verbruikersinflasie te akkommodeer – met kospryse, brandstof en gesondheidsversekering wat die grootste oorsake van die opwaartse druk is.”

Muller sê die VPI toon dat voedselinflasie en nie-alkoholiese drank tot 5,4% gestyg het, vanaf 3,5% maar net twee maande gelede. Brood en graanprodukte het maand tot maand met gemiddeld 1,8% gestyg, supermieliemeel met 4,0% en witbrood met 2,6% op dieselfde grondslag.

Hierbenewens het die petrolprys in Februarie met 39c/l gestyg en ’n maandelikse styging van 2,9% in die petrolindeks veroorsaak. Dit bring jaarlikse petrolinflasie op 14,0% te staan vir die afgelope jaar – hoofsaaklik as gevolg van die styging van 20,4% in die olieprys en die rand se verswakking met 23,7% oor die tydperk.

Muller sê gesondheidsversekeringsfooie, wat in Februarie elke jaar nagevors word, dra ’n gewig van 7,9% in die verbruiker se mandjie en het met gemiddeld 8,3% gestyg.

Sy sê die taai ekonomiese toestande verg dissipline met persoonlike finansiële bestuur, om te verseker dat gesinne nie aan onnodige risiko blootgestel word nie. “In die soeke na ’n balans om die boeke te laat klop, kom ons maklik voor verskeie keuses te staan, en die geheim is om te bewaar wat jy het terwyl jy jou behoeftes bestuur.”

Muller sê gesinne is sterk van ’n broodwinner afhanklik vir oorlewing, en dit is noodsaaklik dat mense hul verpligtinge teenoor hul gesin voorop stel deur lewens- en ongeskiktheidsdekking aan te gaan.

“Dit is beslis nie ’n maklike taak om kop bo water te hou nie en dis dikwels makliker om die ontasbare voordele ter wille van ander behoeftes op te offer. Die risiko’s en trauma vir die gesin kan egter verpletterend wees indien ’n broodwinner sonder lewensdekking sterf, of arbeidsongeskik raak."

Bestuur jou finansiele risikos met oorleg in strawwe ekonomiese tye

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles