Napier staproete

Napier staproete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Lede van die Strand-Veld Voetslaanklub het verlede maand in die natuurskone Napier-omgewing gestap,” vertel Roelof Diener. “Dit was ‘n besonder mooi, helder en windstil dag en ons was so 10 stappers wat die klimroete aangedurf het, met Con van Eyssen as stapleier.”

Roelof sê die Grootberg Voetslaanroete begin by die kommunikasietoring en, alhoewel die bord te vertelle het dat dit 8km is en tot 3 ure kan duur, het die baie “oppe en affe” die stappers vir byna 4 ure besig gehou. Hy beskryf dié roete as die moeite werd en baie lekker. Daar was ook heelwat Proteas in blom wat hulle nie andersins te siene sou kry nie. Eerskomende Saterdag, 7 Junie word die pragtige Witvoetskloofroete aangepak. Die roete begin op die private landgoed agter die berge van Grootbos Privaat Natuurreservaat. Die mooi roete vorm deel van die voetslaanroetes wat daar agter die berge gemaak is. Baie moeite is gedoen om voetslaners tot diep in die kloof te neem en om verby watervalle te stap (en te rus). Die inheemse woud met groot inheemse bome is uit ‘n ander wêreld. Ná die houtbruggies en duidelike paadjie, begin die moeisame uitklim teen die berghang.

“Jy moet goeie stapskoene (verkieslik stewel tipe skoene, om jou enkels te beskerm oor die ruwe terrein) aantrek. Bring eie water en eetgoed saam. Soos ons ouer word, is die balans ook  meer problematies. Hiervoor het ek geleer dat ‘n wandelstok of kierie die stappery nog makliker maak,” sê Roelof. Die groep vertrek 8:00 vanaf die Toerismekantoor op Gansbaai Superspar se parkeerterrein. ‘n Donasie moet saamgebring word vir die persoon met wie jy saamry, asook ‘n ekstra donasie tot die instandhouding van hierdie pragtige wandelroete wat die Strand-Veld Voetslaanklub mag gebruik. “Ons dank gaan aan die trustees van die eiendom en dan veral ook teenoor Shaun Privett wat toestemming daartoe verleen het,” sê Roelof.

Die stapleier is Otto Boysen (028-384-1309 of 083-654-7540). Indien die reën die stappery verhoed, word die uitstappie na die volgende Saterdag uitgestel.

Hardus Botha

 Foto: ‘n Pragtige en natuurskone deel op die Napierstaproete.  Foto: Roelof Diener

Napier staproete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles