Geelbek

Geelbek

Gansbaai Courant

Die wind wil nie sy rigting behou nie en vervolgens weier die see om sy lê te kry. Geen wonder dus dat die vis ook skugter bly nie. Sodra hierdie omstandighede verander (as dit nie alreeds teen publikasietyd gebeur het nie), kan ons die bote maar water toe sleep. Intussen, dink ek, kan ons seker maak die “tackle” is gereed vir geelbek en snoek. Teen hierdie tyd is al wat vrou is seker al moeg van ons en het ons self ook (hopelik) genoeg by die huis gehelp om die seetoeganery te regverdig. Indien jy nie hieraan voldoen het nie, verwag maar teenstand!

Ons sal later na snoek se kind kyk, nou eers die vang van geelbek. Jy het nie rêrig so ‘n sterk, of dan dik lyn, nodig nie. Om sommer ‘n dik snoeklyn te gryp, gaan effens onnodig wees. ‘n Gemiddelde breekkrag van so 20 kg. behoort vir eers te doen  --  dis nou te sê indien die geelbekgrootte ook gemiddeld is, so om en by 3 na 6, 7 kg. Wanneer die groot kokkedore besluit om gesig te wys verander die storie en dan is swaarder lyn ‘n wyse opsie. Toe die groot geelbekke so 'n paar jaar terug eerder die reël as die uitsondering was, was ‘n nr. 13 hoek standaard en ‘n ordentlike lyn die aangewese. Vir die kleiner vis sal ‘n nr. 10, 11 hoek doen. ‘n Geelbek van 13 kg. en selfs swaarder sal jou in elk geval nie veel van ‘n keuse laat nie! Die ander ding om te onthou is dat jy gebruik moet maak van ‘n tousinker. Dit maak dit baie makliker om die geelbek (soos ook in die geval van ‘n haai) in die boot te lig. Toe ek in my beginjare hier van ‘n vishaak gebruik wou maak om hierdie sterk vis onder beheer te kry, het ek baie van hulle verloor en eers na ek die kuns bemeester het om daarsonder klaar te kom, sukses behaal. Daar is dalk mense wat met my sal verskil hieroor.

Moet nie (en onthou ons praat nou van geelbek) die vis probeer “speel” nie. Dit word gewoonlik gedoen indien jy gewoond is om ‘n swaar vis nie kans te gee om die lyn te breek of die hoek oop te forseer nie. Hierdie vis moet so gou moontlik ingetrek word. Indien hy kans gegun word om op loop te gaan deur sy kop weg van jou te draai, gaan jy probleme optel. Sy bek is ook baie sterk en die hoek sal nie sommer uitskeur nie.

Gewoonlik word die vis op die bodem gevind maar sal ook nader aan die oppervlak beweeg. Soms wanneer hulle kleiner vis jag sal hulle vlakker beweeg  en dan natuurlik, is ‘n swaar sinker nie nodig nie en in sommige gevalle selfs geen sinker nie.

So kan ons aangaan, die boonste is sommer vir die lekker en as jy lus is, verskil maar en raas as jy wil!

Baie groete, Seemeeu

Geelbek

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles