Geelbek

Geelbek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die wind wil nie sy rigting behou nie en vervolgens weier die see om sy lê te kry. Geen wonder dus dat die vis ook skugter bly nie. Sodra hierdie omstandighede verander (as dit nie alreeds teen publikasietyd gebeur het nie), kan ons die bote maar water toe sleep. Intussen, dink ek, kan ons seker maak die “tackle” is gereed vir geelbek en snoek. Teen hierdie tyd is al wat vrou is seker al moeg van ons en het ons self ook (hopelik) genoeg by die huis gehelp om die seetoeganery te regverdig. Indien jy nie hieraan voldoen het nie, verwag maar teenstand!

Ons sal later na snoek se kind kyk, nou eers die vang van geelbek. Jy het nie rêrig so ‘n sterk, of dan dik lyn, nodig nie. Om sommer ‘n dik snoeklyn te gryp, gaan effens onnodig wees. ‘n Gemiddelde breekkrag van so 20 kg. behoort vir eers te doen  --  dis nou te sê indien die geelbekgrootte ook gemiddeld is, so om en by 3 na 6, 7 kg. Wanneer die groot kokkedore besluit om gesig te wys verander die storie en dan is swaarder lyn ‘n wyse opsie. Toe die groot geelbekke so 'n paar jaar terug eerder die reël as die uitsondering was, was ‘n nr. 13 hoek standaard en ‘n ordentlike lyn die aangewese. Vir die kleiner vis sal ‘n nr. 10, 11 hoek doen. ‘n Geelbek van 13 kg. en selfs swaarder sal jou in elk geval nie veel van ‘n keuse laat nie! Die ander ding om te onthou is dat jy gebruik moet maak van ‘n tousinker. Dit maak dit baie makliker om die geelbek (soos ook in die geval van ‘n haai) in die boot te lig. Toe ek in my beginjare hier van ‘n vishaak gebruik wou maak om hierdie sterk vis onder beheer te kry, het ek baie van hulle verloor en eers na ek die kuns bemeester het om daarsonder klaar te kom, sukses behaal. Daar is dalk mense wat met my sal verskil hieroor.

Moet nie (en onthou ons praat nou van geelbek) die vis probeer “speel” nie. Dit word gewoonlik gedoen indien jy gewoond is om ‘n swaar vis nie kans te gee om die lyn te breek of die hoek oop te forseer nie. Hierdie vis moet so gou moontlik ingetrek word. Indien hy kans gegun word om op loop te gaan deur sy kop weg van jou te draai, gaan jy probleme optel. Sy bek is ook baie sterk en die hoek sal nie sommer uitskeur nie.

Gewoonlik word die vis op die bodem gevind maar sal ook nader aan die oppervlak beweeg. Soms wanneer hulle kleiner vis jag sal hulle vlakker beweeg  en dan natuurlik, is ‘n swaar sinker nie nodig nie en in sommige gevalle selfs geen sinker nie.

So kan ons aangaan, die boonste is sommer vir die lekker en as jy lus is, verskil maar en raas as jy wil!

Baie groete, Seemeeu

Geelbek

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles