Black Leaves gaffel Caledon wen 10 - 6

Black Leaves gaffel Caledon wen 10 - 6

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Black Leaves van Gansbaai het weer in die derde posisie ingekruip na hul oorwinning verlede Saterdag teen Caledon.

Dat dit 'n kliniese stryd was, is gewis, en dat daar oor geen span in die afdeling geloop kan word nie is 'n feit ten opsigte van die tellings. Die voorste vyf spanne blaas behoorlik in mekaar se nekke en daar lê nog drie stryde oor vir die Baai. Komende Saterdag (7 Junie) Young Hamiltons van Worcester weg, daarna Hamlets van Ceres tuis en Villagers van Montagu weg. Dit wil voorkom asof Black Leaves in die tweede rondte alle teenstand uit die pad wil vee met die teenwoordigheid van 'n paar gesoute senior spelers in sy geledere.

Derde span - Jy moet kan rugby speel as jy vir hierdie span wil speel want die manne hou nie vermakerige ouens aan nie. Hulle motto is: "Oral waar ons gaan, gaan ons wen!" Die telling van 6-0 in hul guns teen hul eweknie was genoeg om fees te vier. Black Leaves se derde span toon 'n goeie gees van samehorigheid en bied ruimte vir alle opkomende jong spelers op die dorp. Hulle beklee dan ook die eerste plek op die algehele punteleer.

Tweede span - 'n Verdoelde drie deur Caledon in die doodsnikke van die wedstryd kelder die Baai se tweede span (verloor 13-14). Die tuisspan het goed vertoon deur die hele wedstryd en hul rustyd voorsprong van 13-7 goed verdedig, maar het konsentrasie verloor toe Caledon hulle in hul gebied vaspen en later afrond. Caledon se doelskop maak die verskil . 

Eerste span - Wat beslis 'n groot fout is om te maak is om hierdie briljante span af te skryf voor 'n wedstryd. Dit is wat die Caledonners ook gedoen het toe hulle hier opdaag. Wat die manne in die kleedkamer beraadslaag het,het 'n verstommende uitwerking op die veld gehad.

Met die afskop van die wedstryd het Black Leaves die Caledon-manne aan die waarheid herinner wat in die kleedkamer bespreek was. Dat dit wel hard was aan beide kante was die verskil tussen wen en verloor 'n enkele drie tussen die twee spanne (Black Leaves wen 10-6). In die winderige toestande was die enigste swakheid die Baai se lynstaanfasette andersins kon Black Leaves goed oor die voordeellyn kom om die enigste twee drieë van die wedstryd te druk.

Diegene wat nog nooit in Worcester was nie, daar ry 'n bus vanaf Gansbaai na Worcester teen net R80 per persoon (reël vroeg met Zuzanne Hans vir 'n plek).

So Sê Bra "G"

Black Leaves gaffel Caledon wen 10 - 6

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles