Black Leaves gaffel Caledon wen 10 - 6

Black Leaves gaffel Caledon wen 10 - 6

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Black Leaves van Gansbaai het weer in die derde posisie ingekruip na hul oorwinning verlede Saterdag teen Caledon.

Dat dit 'n kliniese stryd was, is gewis, en dat daar oor geen span in die afdeling geloop kan word nie is 'n feit ten opsigte van die tellings. Die voorste vyf spanne blaas behoorlik in mekaar se nekke en daar lê nog drie stryde oor vir die Baai. Komende Saterdag (7 Junie) Young Hamiltons van Worcester weg, daarna Hamlets van Ceres tuis en Villagers van Montagu weg. Dit wil voorkom asof Black Leaves in die tweede rondte alle teenstand uit die pad wil vee met die teenwoordigheid van 'n paar gesoute senior spelers in sy geledere.

Derde span - Jy moet kan rugby speel as jy vir hierdie span wil speel want die manne hou nie vermakerige ouens aan nie. Hulle motto is: "Oral waar ons gaan, gaan ons wen!" Die telling van 6-0 in hul guns teen hul eweknie was genoeg om fees te vier. Black Leaves se derde span toon 'n goeie gees van samehorigheid en bied ruimte vir alle opkomende jong spelers op die dorp. Hulle beklee dan ook die eerste plek op die algehele punteleer.

Tweede span - 'n Verdoelde drie deur Caledon in die doodsnikke van die wedstryd kelder die Baai se tweede span (verloor 13-14). Die tuisspan het goed vertoon deur die hele wedstryd en hul rustyd voorsprong van 13-7 goed verdedig, maar het konsentrasie verloor toe Caledon hulle in hul gebied vaspen en later afrond. Caledon se doelskop maak die verskil . 

Eerste span - Wat beslis 'n groot fout is om te maak is om hierdie briljante span af te skryf voor 'n wedstryd. Dit is wat die Caledonners ook gedoen het toe hulle hier opdaag. Wat die manne in die kleedkamer beraadslaag het,het 'n verstommende uitwerking op die veld gehad.

Met die afskop van die wedstryd het Black Leaves die Caledon-manne aan die waarheid herinner wat in die kleedkamer bespreek was. Dat dit wel hard was aan beide kante was die verskil tussen wen en verloor 'n enkele drie tussen die twee spanne (Black Leaves wen 10-6). In die winderige toestande was die enigste swakheid die Baai se lynstaanfasette andersins kon Black Leaves goed oor die voordeellyn kom om die enigste twee drieë van die wedstryd te druk.

Diegene wat nog nooit in Worcester was nie, daar ry 'n bus vanaf Gansbaai na Worcester teen net R80 per persoon (reël vroeg met Zuzanne Hans vir 'n plek).

So Sê Bra "G"

Black Leaves gaffel Caledon wen 10 - 6

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles