Gedurende die week van 19 - 23 Mei, het die Interpro Tennis vir die 50+ en 55+ groepe in die Mosselbaai-, Hartenbos- en George-omgewing plaasgevind. Boland het 5 spanne in hierdie 2 groepe ingeskryf. In die 55+ groep was daar 2 Boland-spanne waarvan die A-groep hulle afdeling gewen het en met die goue medaljes weggestap het. In die 50+ groep was daar 3 Boland-spanne. Boland het die B-afdeling gewen en met die goue medaljes weggestap. Dit is 'n goeie prestasie aangesien daar 2 A-spanne in hierdie afdeling gespeel het. Selfs die Boland C-span moes in hierdie afdeling deelneem en het nie met die houtlepel huis toe gekom nie! In hierdie B-afdeling was die uitslae as volg: 1ste: Boland-B, 2de: Mpumalanga-A, 3de: OP-A, 4de: Natal-B, 5de: SWD-B, 6de: Gauteng-Centraal-B, 7de: Boland-C en 8ste: Gauteng-Noord.
Baie geluk aan al die Boland-spelers.
Indien die weer dit toelaat, word sosiale tennis gespeel op Woensdae by die munisipale bane vanaf 09:30 en op Saterdae by die skool se bane vanaf 14:00. Almal is welkom.
Tennisgroete, Daneel Geldenhuys