André-Pierré Gouws, ‘n knap produk van Laerskool Gansbaai en 2014 se Hoofseun vir Hermanus Hoërskool, het onlangs behoorlik op die gebied van rugby uitgeblink. Hy is in die o/18 Boland Cravenweekspan opgeneem wat gedurende Julie in Middelburg, Mpumalanga Provinsie aan die Coca Cola Cravenweek gaan deelneem.
André-Pierré sal as binnesenter van Hermanus Hoërskool se eerste span, maar ook as kaptein van die span, op die veld draf.
Verlede jaar het hy onder andere Boland in die o/18 Atlantic Sewes Toernooi aan die einde van September in Pretoria verteenwoordig. Hy is ook in die Boland Elite Groep vir vyftienman-rugby vir 2014 opgeneem.
Met hierdie prestasie het hy vol Erekleure verwerf. André-Pierré is die seun van André en Carla Gouws van Gansbaai.
Hardus Botha