Aandag alle 2015 graad 8 Sharkies

Dinsdag 24 Junie is die jaarlikse Ope Dag by Academia. Voornemende graad 8 leerders vir 2015 en hul ouers word uitgenooi na die geleentheid. Verrigting begin om 18:00. Daar sal kans wees om uniforms te bestel en leerders in te skryf. Ons sien uit daarna om die sesde groep graad 8 Sharkies te ontmoet.