Gansbaaiers en Sutherland

Gansbaaiers en Sutherland

Gansbaai Courant

Dit was weer tyd vir die Gansbaai-motorfietsers, en ander in die Wes-Kaap, vir hul jaarlikse winterbesoek aan Sutherland. Vanjaar was dit die 11de jaarlikse Sutherland Winter Runners 2013 motorfietsrit van die Scattered Links MCC, terwyl dit die 4de een vir Overberg Scattered Links was.

Die 9 Gansbaaiers (verlede jaar was dit 6) van Overberg Scattered Links wat vanjaar se motorfietsrit na Sutherland aangepak het, is hulle voorsitter, Pieter Maree, met die res as André Coetzee, Bennie du Toit, Chris van Rensburg, Du Toit van Sittert, Ettienne Brown, Francois van der Westhuizen, Jannie Vermeulen en Senekal Dreyer. Die Gansbaaiers het op Saterdag, 7 Junie om 06:00 in Gansbaai weggetrek en later by die res van die motorfietsers in Worcester aangesluit. Vandaar is hulle via De Doorns en Matjiesfontein na Sutherland, sowat 400km vanaf Gansbaai.

“Die manne het dit terdeë geniet en vanjaar het ons gelukkig nie weer in sneeu vasgeval nie, al was dit vanselfsprekend maar baie koud gewees,” vertel Pieter. “By Matjiesfontein, wat gewoonlik ‘n langerige stop vir bene-rek is, het ons ‘n baie interessante bustoer deur die dorp gehad - in ‘n toeka se vyftigerjare se bus vanuit London.” Daar was ook ‘n geleentheid vir gelukstrekkings en André Coetzee was die gelukkige wenner van ‘n gratis kaartjie vir volgende jaar. Pieter sê dit was verlede jaar ook ‘n Gansbaaier wat die gelukstrekking gewen het. Vanjaar was daar weer eens  so ‘n stuk of 6 nuwelinge wat braaf genoeg was om die laaste ±50 kilometer na Sutherland slegs in hul “coulor-vests”, stewels en onderbroeke af te lê.

“Ons het die terugrit vroeg Sondagoggend aangepak om nie in die reën wat voorspel is, te ry nie,” vertel Pieter. “Daar was welliswaar nie reën nie, maar die wind was só sterk dat ons maar pal skuins gelê het, al het ons reguit gery.”

Navrae oor Scattered Links, Overberg Chapter kan aan Pieter Maree by 083-292-0190 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.

Hardus Botha

Foto: Die 9 Gansbaai-motorfietsers kort voor hul vertrek na Sutherland, met voor vlnr André Coetzee, Senekal Dreyer, Jannie Vermeulen en Bennie du Toit. Agter vlnr is Ettienne Brown, Pieter Maree (voorsitter), Chris van Rensburg, Du Toit van Sittert en Francois van der Westhuizen.

Gansbaaiers en Sutherland

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles