Pinksterweek

Pinksterweek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vanjaar se tema vir die jaarlikse Pinksterdienste was “Die werk van die Heilige Gees in ons Lewe”. Voortspruitend daaruit was enkele insiggewende sub-temas wat om die beurt deur dr Bobo van Zyl, ds Dirk van Dyk en dr Liesel Joubert aangebied is: Die Heilige Gees en die gemeenskap van die gelowiges; Die Heilige Gees en ons heiligmaking; Die Heilige Gees en ons regverdigmaking; Die Heilige Gees en ons roeping (God roep my; God roep die Kerk); Die Heilige Gees en volharding.

Die bekende NG Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner en met orrelbegeleiding deur Annelene Reinke, het tydens twee geleenthede die pragtige Paaslied, “Kom Heilige Gees”, gesing. Die week se offergawes was ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Pinkstermaal is begin met eg-kinderlike sang deur Laerskool Gansbaai se Gr 1 en Gr 2 leerders, onder leiding van Alana Louw en met klavierbegeleiding deur Jeannette Pretorius.

Pinksterweek is met Sondag se Pinksterdiens deur dr van Zyl met die boodskap, “Die begeerte om ‘n beter Christen te wees”, afgesluit.

Hardus Botha

Foto 1: Die Gr 1 en Gr 2 leerders van Laerskool Gansbaai met hulle pragtige kooroptrede tydens die NGK-gemeente se Pinkstermaal verlede Vrydagaand

Foto 2: Samesyn na afloop van Pinksterweek tydens die gebruiklike Pinkstermaal met verskeie soppe en brood  wat deur  die Uitreikaksie aangebied is

Pinksterweek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles