Profiel Chris Basson

Profiel Chris Basson

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Christiaan Coenraad (Chris) Basson (89) kan sekerlik en met gemak as die “oudste” aktiewe (gesonde) boukontrakteur beskou word en vanjaar sal hy sy 90ste kerf verbysteek, terwyl hy soos ‘n 75-jarige man lyk.

Chris is op 27 Augustus 1925 in Philadelphia gebore, maar het in Kaapstad grootgeword, waar sy pa in die onderwys was. Chris self was vir 40 jaar in die onderwys betrokke. Hy het een broer en twee susters en sy skoolloopbaan het Chris onderskeidelik by Laerskool- en Hoërskool Jan van Riebeeck in die Kaap deurloop. Chris se eerste eggenote is oorlede en 1 seun en 3 dogters is uit die huwelik gebore. “My seun is ‘n siviele ingenieur, met al drie die dogters wat ook in die onderwys is,” vertel hy.

Gedurende 1976 tree Chris met Ester (Potgieter) in die huwelik. Hy het haar seun, nou ‘n ortopediese chirurg, soos sy eie grootgemaak. Hy is die trotse oupa van 14 kleinkinders en ook oupagrootjie van 4 agter-kleinkinders. Chris en Ester woon in Klipfonteyn. In 1941 verwerf Chris ‘n onderwys diploma aan die Kaapstadse Opleidingskollege. Daarna verwerf hy twee onderwysgrade met Wiskunde as hoofvak: Universiteit van Kaapstad (1943) en Glasgow Universiteit in Skotland (1952). Ná Skotland was hy vir 5 jaar aan die Universiteit van Fort Hare as dosent in Wiskunde betrokke. By die destydse Onderwys Opleidingskollege in die Paarl, wat later deel van die kollege te Wellington geword het, het Chris vir 3 jaar Wiskunde as vak aangebied.

Daarna werk hy vir 10 jaar as Hoofbeplanner in die Departement Beplanning by die Universiteit van Stellenbosch tot en met sy aftrede in 1985. In 1954 begin Chris in die boubedryf met die bou van ‘n eerste woning in Brackenfell. Vanwaar hierdie intense belangstelling in die boubedryf?

“Ek het gewag vir hierdie vraag. Toe ek in 1943 as onderwyser in die onderwys begin het, het ek £18 en 5 sjielings (±R37) per maand verdien wat eers aan die einde van elke kwartaal oorbetaal is, en ek het vanuit Skotland met £2,030 se studieskuld teruggekeer,” vertel Chris.

“Dit is toe wat ek begin bou het vir ‘n ekstra inkomste wat tot my finasiële redding gelei het.” Aanvanklik het Chris gedurende naweke en vakansies by ‘n boukontrakteur gewerk en sodoende uitstekende ervaring opgedoen. Chris is tans besig om sy 51ste woning in hierdie area te oorhandig en hy verwys weer na die destydse geldwaardes: “In 1960 was ‘n sakkie sement 37c en vandag is dit R88, met afgelewerde stene destyds teen R17.50/1,000 en vandag R2,250/1,000.” Met verwysing na sy siening om hulpverlening tydens die swak ekonomiese omstandighede, is aktiewe betrokkenheid by sy werkers van groter belang as bloot die betaling van hulle salarisse. “Vrydae is vir my nie net ‘betaaldag’ nie, dit is ook vir my ‘n voedingsdag vir my werkers en hulle gesinne,” sê hy. “Eenmaal ‘n onderwyser, altyd ‘n onderwyser, maar ook ‘n ‘dienaar’ en opleier.” Wat van stokperdjies? In absolute kontras met die bouery, was Chris vir 14 jaar aan die Labia Opera Teater in Kaapstad as ‘n baritonsanger betrokke en het hy ook tydens verskeie geleenthede hier ter plaatse as baritonsanger opgetree. Van aftrede is daar vir hierdie bedrywige man nog glad nie sprake nie. “Wanneer ek soggens my oë oopmaak, dan is ek dankbaar vir nog ‘n dag waarin ek kan werk.”

Chris sê sy lewensfilisofie sluit aan by dit wat Charles Darwin in 1870 geskryf het: “A man who wastes one hour of time does not know the value of life!”

Hardus Botha

Foto: Chris Basson, Gansbaai se gesonde 89-jarige boukontrakteur, maar ook voormalige onderwyser, dosent, beplanner en baritonsanger

Profiel Chris Basson

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles