Profiel Chris Basson

Profiel Chris Basson

Gansbaai Courant

Christiaan Coenraad (Chris) Basson (89) kan sekerlik en met gemak as die “oudste” aktiewe (gesonde) boukontrakteur beskou word en vanjaar sal hy sy 90ste kerf verbysteek, terwyl hy soos ‘n 75-jarige man lyk.

Chris is op 27 Augustus 1925 in Philadelphia gebore, maar het in Kaapstad grootgeword, waar sy pa in die onderwys was. Chris self was vir 40 jaar in die onderwys betrokke. Hy het een broer en twee susters en sy skoolloopbaan het Chris onderskeidelik by Laerskool- en Hoërskool Jan van Riebeeck in die Kaap deurloop. Chris se eerste eggenote is oorlede en 1 seun en 3 dogters is uit die huwelik gebore. “My seun is ‘n siviele ingenieur, met al drie die dogters wat ook in die onderwys is,” vertel hy.

Gedurende 1976 tree Chris met Ester (Potgieter) in die huwelik. Hy het haar seun, nou ‘n ortopediese chirurg, soos sy eie grootgemaak. Hy is die trotse oupa van 14 kleinkinders en ook oupagrootjie van 4 agter-kleinkinders. Chris en Ester woon in Klipfonteyn. In 1941 verwerf Chris ‘n onderwys diploma aan die Kaapstadse Opleidingskollege. Daarna verwerf hy twee onderwysgrade met Wiskunde as hoofvak: Universiteit van Kaapstad (1943) en Glasgow Universiteit in Skotland (1952). Ná Skotland was hy vir 5 jaar aan die Universiteit van Fort Hare as dosent in Wiskunde betrokke. By die destydse Onderwys Opleidingskollege in die Paarl, wat later deel van die kollege te Wellington geword het, het Chris vir 3 jaar Wiskunde as vak aangebied.

Daarna werk hy vir 10 jaar as Hoofbeplanner in die Departement Beplanning by die Universiteit van Stellenbosch tot en met sy aftrede in 1985. In 1954 begin Chris in die boubedryf met die bou van ‘n eerste woning in Brackenfell. Vanwaar hierdie intense belangstelling in die boubedryf?

“Ek het gewag vir hierdie vraag. Toe ek in 1943 as onderwyser in die onderwys begin het, het ek £18 en 5 sjielings (±R37) per maand verdien wat eers aan die einde van elke kwartaal oorbetaal is, en ek het vanuit Skotland met £2,030 se studieskuld teruggekeer,” vertel Chris.

“Dit is toe wat ek begin bou het vir ‘n ekstra inkomste wat tot my finasiële redding gelei het.” Aanvanklik het Chris gedurende naweke en vakansies by ‘n boukontrakteur gewerk en sodoende uitstekende ervaring opgedoen. Chris is tans besig om sy 51ste woning in hierdie area te oorhandig en hy verwys weer na die destydse geldwaardes: “In 1960 was ‘n sakkie sement 37c en vandag is dit R88, met afgelewerde stene destyds teen R17.50/1,000 en vandag R2,250/1,000.” Met verwysing na sy siening om hulpverlening tydens die swak ekonomiese omstandighede, is aktiewe betrokkenheid by sy werkers van groter belang as bloot die betaling van hulle salarisse. “Vrydae is vir my nie net ‘betaaldag’ nie, dit is ook vir my ‘n voedingsdag vir my werkers en hulle gesinne,” sê hy. “Eenmaal ‘n onderwyser, altyd ‘n onderwyser, maar ook ‘n ‘dienaar’ en opleier.” Wat van stokperdjies? In absolute kontras met die bouery, was Chris vir 14 jaar aan die Labia Opera Teater in Kaapstad as ‘n baritonsanger betrokke en het hy ook tydens verskeie geleenthede hier ter plaatse as baritonsanger opgetree. Van aftrede is daar vir hierdie bedrywige man nog glad nie sprake nie. “Wanneer ek soggens my oë oopmaak, dan is ek dankbaar vir nog ‘n dag waarin ek kan werk.”

Chris sê sy lewensfilisofie sluit aan by dit wat Charles Darwin in 1870 geskryf het: “A man who wastes one hour of time does not know the value of life!”

Hardus Botha

Foto: Chris Basson, Gansbaai se gesonde 89-jarige boukontrakteur, maar ook voormalige onderwyser, dosent, beplanner en baritonsanger

Profiel Chris Basson

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles