Meer en meer soos Jesus 1

Meer en meer soos Jesus 1

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“ Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.” (1Joh 2:6) “Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik.... in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus.” (1Joh 4:17)

Jy kan maar sê wat jy wil van ander godsdienstige groepe, maar as jy na die Moslems kyk dan sien jy dadelik hulle is Moslems en hulle leef hulle geloof volkome uit. ’n Jood sal stiptelik elke dag sy roetine volg en sy gebede opsê. ’n Boeddhis sal vier uur  in die môre opstaan en kilometers vêr loop om sy daaglikse toewyding ritueel uit te voer. Die vraag wat ek wil vra is dit: Kan die wêreld sien ons is Christene? Lyk ons soos Christene en tree ons op soos volgelinge van Jesus Christus?

Kom ons praat vandag en die volgende paar weke met mekaar ernstig en biddend saam oor die feit dat ons meer en meer soos Jesus moet lyk en optree. Kom ons vra onsself die vraag af of mense in ons optrede Jesus kan raaksien of nie. In sy boek “The Christian Atheist”  wys Craig Groeschel daarop dat dit juis die Christene se leefstyl is wat hulle onchristelik maak. Ons is nie net in die wêreld nie, ons lyk ook soos die wêreld! Ons is onvriendelik, onbeskofte en ongeduldige bestuurders, geldgierig en afgunstig op mekaar. Dis ons leefstyl wat ander gelowe afstoot en maak dat baie min mense in die moderne wêreld hulle tot die Christendom bekeer!

“Meer en meer soos Jesus” beteken dat ons bereid sal wees om teenoor alle mense  te reageer soos Jesus gedoen het. Al was Hy ’n Jood van geboorte het hy teenoor die Samaritane wat eintlik die Jode vyandiggesind was, vriendelik en tegemoetkomend opgetree het. Dink maar hoe vriendelik was Hy met die Samaritaanse vrou by die put. (Johannes 4) En sy was ’n vrou met ’n reputasie! Let net op hoe ons in ons dorp se strate by mekaar verbystap sonder om te groet, of ’n vriendelike woord te sê. As jy my nie glo nie, kyk ’n bietjie rond hoeveel mense jou nie eers in die oë kyk as jy met hulle praat nie. As jy in die straat stap kan die ander mense sien jy is ’n kind van Jesus?

Ongelowiges, nie-christene, lees nie die Bybel nie – die enigste teks wat hulle kan lees is ons lewens. Jy is Jesus se lewensgrootte advertensiebord wat heeldag moet adverteer dat jy Sy kind is. As skoolkinders in die straat stap kan jy aan hulle uniforms sien watter skool hulle verteenwoordig. Jou oë en jou glimlag, ja, jou gesindheid is ’n bewys van watter geloof jy aanhang. Kom laat ons bewustelik begin om meer en meer soos Jesus te dink – en dan ook só te leef! Dit is GOD se gróót opdrag aan elke Christen!

Meer en meer soos Jesus 1

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles