Kwikkies en Kaas

Kwikkies en Kaas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Opmerkings is teenoor Gansbaai Courant gemaak dat gerasperde kaas, wat mense baie lief is om kwikstertjies mee te voer, die oorsaak vir hulle opgekrimpte pootjies of af-agtertoontjies is. Hierdie stelling is deur dr Anton Odendal van BirdLife Overberg as onsin afgemaak.

“Die voet-misvormings kom by verskillende tipes kwikkies voor,” het Anton laat weet. “Hulle leef naby water en doen ‘n swam/fungus op wat dan veroorsaak dat die verskynsel voorkom.” Anton het twee van sy foto’s saam met sy opmerking gestuur. Die een kwikkie is met ‘n af-agtertoontjie op die Swartrivierpad afgeneem.

Die ander een (sien foto hiernaas) is die bekende “Oscar” met die stompiesbeentjies by Nature's Valley. Op haar beurt het dr Liesel Trollope, veearts in Gansbaai, saam met Anton gestem dat kaas persy nie die oorsaak van die pootprobleem is nie. Sy het na aangetekende data sover terug as 1930 verwys waar die groeisels en misvorming al gedokumenteer is. “Daar bestaan baie spekulasie oor die oorsake, soos pesticides, parasiete, junk food, garing of tou wat die sirkulasie afsny en besoedelde waterbronne,” het sy gesê. Net soos Anton, het sy ook verwys na ‘n dame wat haar meestersgraad oor kwikkie-bene verwerf het. Die enigste konstante oorsaak van die probleem wat deur haar uitgelig is, is die “scaly-leg mite”, ‘n parasitiese velmyt wat onder die beenskubbes inkruip en dan die misvorming van bene en pootjies veroorsaak. Anton en Liesel is dit egter eens dat broodkrummels wel ‘n probleem-kos vir enige voël met ‘n krop is. Ook internetinligting het daarna verwys dat mense nie bekommerd moet voel wanneer hulle ‘n kwikkie met ‘n gebreklike pootjie of die afwesigheid van toontjies opmerk nie. “Kwikkies is om een of ander rede geneig om pootprobleme op te doen.” Kwikkies word allerweë as die makste wilde voëltjies in tuine beskou en hul gunsteling kuierplek is by die agterdeur waar versnapperings “gevra” word. Bederf dus maar die kwikkies met ‘n bietjie gerasperde kaas, maalvleis, hardgekookte eiers en ander lekkernye.

Hardus Botha

Foto: Die bekende “Oscar”-kwikkie by Nature’s Valley met sy stompiesbeentjies  Foto: Anton Odendal

Kwikkies en Kaas

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles