Kwikkies en Kaas

Kwikkies en Kaas

Gansbaai Courant

Opmerkings is teenoor Gansbaai Courant gemaak dat gerasperde kaas, wat mense baie lief is om kwikstertjies mee te voer, die oorsaak vir hulle opgekrimpte pootjies of af-agtertoontjies is. Hierdie stelling is deur dr Anton Odendal van BirdLife Overberg as onsin afgemaak.

“Die voet-misvormings kom by verskillende tipes kwikkies voor,” het Anton laat weet. “Hulle leef naby water en doen ‘n swam/fungus op wat dan veroorsaak dat die verskynsel voorkom.” Anton het twee van sy foto’s saam met sy opmerking gestuur. Die een kwikkie is met ‘n af-agtertoontjie op die Swartrivierpad afgeneem.

Die ander een (sien foto hiernaas) is die bekende “Oscar” met die stompiesbeentjies by Nature's Valley. Op haar beurt het dr Liesel Trollope, veearts in Gansbaai, saam met Anton gestem dat kaas persy nie die oorsaak van die pootprobleem is nie. Sy het na aangetekende data sover terug as 1930 verwys waar die groeisels en misvorming al gedokumenteer is. “Daar bestaan baie spekulasie oor die oorsake, soos pesticides, parasiete, junk food, garing of tou wat die sirkulasie afsny en besoedelde waterbronne,” het sy gesê. Net soos Anton, het sy ook verwys na ‘n dame wat haar meestersgraad oor kwikkie-bene verwerf het. Die enigste konstante oorsaak van die probleem wat deur haar uitgelig is, is die “scaly-leg mite”, ‘n parasitiese velmyt wat onder die beenskubbes inkruip en dan die misvorming van bene en pootjies veroorsaak. Anton en Liesel is dit egter eens dat broodkrummels wel ‘n probleem-kos vir enige voël met ‘n krop is. Ook internetinligting het daarna verwys dat mense nie bekommerd moet voel wanneer hulle ‘n kwikkie met ‘n gebreklike pootjie of die afwesigheid van toontjies opmerk nie. “Kwikkies is om een of ander rede geneig om pootprobleme op te doen.” Kwikkies word allerweë as die makste wilde voëltjies in tuine beskou en hul gunsteling kuierplek is by die agterdeur waar versnapperings “gevra” word. Bederf dus maar die kwikkies met ‘n bietjie gerasperde kaas, maalvleis, hardgekookte eiers en ander lekkernye.

Hardus Botha

Foto: Die bekende “Oscar”-kwikkie by Nature’s Valley met sy stompiesbeentjies  Foto: Anton Odendal

Kwikkies en Kaas

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles