Teenvoeter vir Boorinsek

Teenvoeter vir Boorinsek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met verwysing na vorige berigte rakende die vyeboom boorinsek in Gansbaai Courant, meen Eddie Munnik van Pearly Beach Oord dat hy op ‘n teenvoeter daarvoor afgekom het - sy bewyse is die dooie larwes.

Die middel waarna hy verwys, is Sipermetrien, met die volgende twee aktiewe bestanddele: Cypermethrin (Pyrethroid) 200g/l en Sipermetrien (Piretroïed) 200g/l.

“Ek het dié insektedoder sowat 8 jaar gelede by die Paarl se Korporasie gekoop en dit sedertdien vir alle vorme van insekte en peste op my groentes, olyf- en ander bome gebruik, sonder enige newe-effekte,” vertel Eddie. Die vyeboom boorinsek, waarvan hy die artikels in Gansbaai Courant gelees het, het ook sy vyeboom aangeval. Hy het besluit om sy Sipermetrien ook daarvoor aan te wend en is baie tevrede met die effektiewe resultate wat hy bereik het. Sy vyeboom het sodanig herstel dat hy die afgelope seisoen gereeld van die vye moes weggee. ‘n Kennis van hom in die Paarl, wat die gifstof by hom aanbeveel het, het dit met groot sukses selfs op sy granate en kwepers gebruik. Gansbaai Courant het Agri Overberg in Stanford in hierdie verband gekontak, en Myriam Cotton, Kwekery Vloerbestuurder het die navraag aan Ingrid Bedford, Reguleringsbeampte van Efekto gestuur. Ingrid het die volgende gesê: “Die saak is reggestel, indien die produk nog beskikbaar was sou dit Karbasol gewees het wat geregistreer was op die kewers in die algemeen, maar mense moet versigtig wees om nie aanbevelings te maak wat nie geregistreer is vir die doel nie. Wet 36 sal baie streng teen sulke mense optree.”  

‘n Afgetrede gifstofkenner het weer eens beklemtoon dat daar nie ‘n spesifieke middel vir die kewerstadium van die vyeboom boorinsek bestaan nie en in Eddie se geval was dit die larwes wat effektief deur sy middel gedood is. Dit blyk egter sonder twyfel dat die middel waarna Eddie verwys, volgens Efekto nie meer vervaardig word nie.  

Hardus Botha

Foto: Eddie Munnik van Pearly Beach by sy gesonde vyeboom, met die insekdoder Sipermetrien in sy hande

Teenvoeter vir Boorinsek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles