Fondse vir Gr 7s

Fondse vir Gr 7s

Gansbaai Courant

 “Laerskool Gansbaai se Gr 7-klasse gaan jaarliks gedurende September op ‘n vierdaagse toer, wat drie nagte insluit,” vertel Louise Groenewald, ‘n ouer van die skool. “Die kostes verbonde aan die toer beloop R2,200 per leerder, wat nie sakgeld insluit nie.”

Louise vertel dat sy en haar eggenoot, Frans, besluit het om ‘n gesellige dans as deel van hulle kind se kostes te reël. “My werk is van so ‘n aard dat ek nie net Invorderings doen nie, maar ook met behoeftige mense van ons dorp werk,” sê sy. “Dit is ‘n taak wat my baie na aan die hart lê en ek het besluit om minstens drie ander kinders ook met ‘n bydrae te subsidieer.” Louise het voelers na vriende en besighede uitgesteek om te bepaal of hulle gedagte ondersteun sal word. “Eers moes ons ‘n bekostigbare saal kry en hier het Flippie Groenewald van De Uilenes ons met ‘n gratis saal tegemoet gekom, op voorwaarde dat hulle kontantkroeg gebruik moet word. “Irma en Michelle van die Boathouse het heerlike sop gratis voorsien, Tony van De Kelders Bakery het brood en rolletjies geskenk, met Jaco en Marietta wat heerlike patats geskenk het.” Vir dansmusiek het sy op Stephen Bernhardt se knoppie gedruk.

Sy sê Stephen het nie slegs gratis musiek vir die aand gemaak nie, maar het ook uit sy winkel te Dirkie Uysstraat ‘n DVD-speler en ‘n MP3-speler met ‘n geheuekaart vir die aand beskikbaar gestel. “Ons het ook looitjies uitgeloot en twee gelukkig gaste kon met pryse wegstap.” Met al hierdie hulp en ondersteuning kon al vier die leerders se volle kostes vir die toer gedek word. Louise se mikpunt met die fondsinsameling was R2,000, maar hulle het R5,640 ingesamel. “Ek bedank graag elke persoon vir die ondersteuning en donasies, asook my Skepper vir die verhoring van ons gebede om drie bykomende leerders se harte te kon blymaak,” sê Louise.

Hardus Botha

Foto: Stephen Bernhardt, wat gesorg het vir gratis musiek en bykomstighede tydens ‘n fondsinsamelingsdans vir vier Gr 7-leerders van Laerskool Gansbaai

Fondse vir Gr 7s

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles