Oppas vir die diewe

Oppas vir die diewe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Deurmekaar! Dis al manier om die visvangsituasie te beskryf. Soos voorspel was daar darem ‘n paar mooi geelbekke asook ‘n paar bul-kabeljoue  --   ons praat van ‘n  paar kilo oor die 20. ‘n Paar bote het met groot verwagting die dieper water gaan opsoek in die hoop om tog maar ‘n geelbek of twee te kry, maar so het dit ook nie gewerk nie. Die ouens wat wel suksesvol was was eerder die uitsondering. Dit help darem om te weet die vis is hier rond en soos vroeër voorspel, behoort die eintlike bytslag net om die draai te wees. Hou egter die weer goed dop en moenie kanse waag nie. Die een dag is die weer en die water onverbeterlik en net die volgende dag is dit koes-koes vir die hael en keer vir die wind.

Wat die stokmanne betref is die storie ook maar nie te wonderlik nie. Daar is tog ouens wat met reg kan spog maar op die Gruis byvoorbeeld is daar baie klein galjoentjies waarvan die meeste teruggeplaas moet word. Maar ook die manne met die lang stokke kan maar gereed staan. Gee die weer net kans.

Op ‘n baie onvriendeliker noot. Indien jou boot buite staan, wees asb. versigtig. Daar is by meer as een ingebreek en baie visgoed en petrol het voete gekry. Laat ek hierdie diewe waarsku  --  jy moet nie gaan staan en lol met ‘n ou se visgoed nie. Word jy vasgetrap gaan daar groot pêrre wees!

Groete, Seemeeu

Foto: Nee, hierdie mooi hotties is nie nou onlangs gevang nie maar Jannie Roux, Freddie Carse en Steve Serbon kan getuig dat hulle so rukkie terug heerlik gesmul het. Die foto is sommer vir die lekkerkry!

Oppas vir die diewe

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles