Bylmoordsaak nader einde

Bylmoordsaak nader einde

Gansbaai Courant

Die bylmoordsaak waarin Mariaan Nobles en Johan Julies daarvan aangekla staan dat hulle vir Jan (Nugget) Otto op 21 Februarie 2011 in sy slaap vermoor het, het Vrydag 'n nuwe wending geneem.

Nobles, wat Vrydag deur die staat onder kruisverhoor geneem sou word, het nie by die hof opgedaag nie. Sy was nie soos haar medebeskuldigde en houman, Johan Julies, in aanhouding nie en is reeds tydens haar vorige verskyning deur Landdros Mouton gewaarsku om teenwoordig te wees. Volgens 'n reëling met die polisie sou hulle haar as 'n guns na die Streekshof in die Strand vervoer. Sy moes egter teen 07:00 by die polisiestasie in Gansbaai aanmeld. Toe die hof Vrydag om 09:00 in sitting gaan, was sy egter nie daar nie en Landdros Mouton het die saak tot 10:15 uitgestel. Die hof moes toe hoor dat Nobles eers om 09:15 by Gansbaai se polisiekantoor aangekom het.

Haar vervoer het reeds om 08:15 vertrek en sy het glo geweier om te ryloop. Sy is toe daar weg en Landdros Mouton het 'n lasbrief vir haar arrestasie uitgereik. Sy was Maandagoggend steeds soek, het nie 'n vaste adres nie en is na bewering 'n bosslaper. Sy is glo ver verwagtend en is reeds in haar negende maand met die swangerskap. Tydens haar getuienis op 24 April wat deur haar staatshulp-prokureur, Samantha Stanley gelei is, het sy ontken dat sy, Julies en die 4 klein kinders in die moordhuis was. "Ons was nooit in die huis nie en ek stem nie saam met die kind se getuienis nie. Wat hy sê hy in die huis gesien het en ook die geld wat gevat is, is onwaar. Ek het ook nie geweet hy was 'n getuie nie en dit eers in die hof gesien," het sy oor die 8-jarige seun se getuienis gesê. Nobles het ook aangevoer dat daar beloftes aan haar gemaak is as sy teen Julies sou getuig. "Hulle wou hê ek moes 'n verklaring teken, maar ek wou nie." Volgens Kapt Rautenbach se getuienis was sy aanvanklik bereid om ‘n Artikel 204 getuie te word, maar het later van plan verander. Nobles se kruisondervraging deur Harold Engelbrecht het Dinsdag begin en dié van Julies het daarop gevolg.

Tydens die ondervraging het altwee voet by stuk gehou dat hulle nog nooit in die moordhuis was nie. Hulle kon egter nie bewys waar hulle die oggend van die moord was nie. Nobles het eers gesê hulle het hout by die hawe bymekaargemaak en later weer by die perdekamp teen die berg. Altwee het ook aangevoer dat die seun, wat teen hulle getuig het, geïntimideer is en met geskenke omgekoop is om dit te doen. Met die ter perse gaan gister, was die hof steeds in sitting, terwyl altwee die beskuldigdes in aanhouding sal bly. Daar sal volgende week in detail hieroor berig word.

Francois de Jongh

Foto 1: Wyle Jan Nugget Otto

Foto 2: Johan Julies

Foto 3: Mariaan Nobles en Johan Typie Julies

Bylmoordsaak nader einde

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles