Bylmoordsaak nader einde

Bylmoordsaak nader einde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bylmoordsaak waarin Mariaan Nobles en Johan Julies daarvan aangekla staan dat hulle vir Jan (Nugget) Otto op 21 Februarie 2011 in sy slaap vermoor het, het Vrydag 'n nuwe wending geneem.

Nobles, wat Vrydag deur die staat onder kruisverhoor geneem sou word, het nie by die hof opgedaag nie. Sy was nie soos haar medebeskuldigde en houman, Johan Julies, in aanhouding nie en is reeds tydens haar vorige verskyning deur Landdros Mouton gewaarsku om teenwoordig te wees. Volgens 'n reëling met die polisie sou hulle haar as 'n guns na die Streekshof in die Strand vervoer. Sy moes egter teen 07:00 by die polisiestasie in Gansbaai aanmeld. Toe die hof Vrydag om 09:00 in sitting gaan, was sy egter nie daar nie en Landdros Mouton het die saak tot 10:15 uitgestel. Die hof moes toe hoor dat Nobles eers om 09:15 by Gansbaai se polisiekantoor aangekom het.

Haar vervoer het reeds om 08:15 vertrek en sy het glo geweier om te ryloop. Sy is toe daar weg en Landdros Mouton het 'n lasbrief vir haar arrestasie uitgereik. Sy was Maandagoggend steeds soek, het nie 'n vaste adres nie en is na bewering 'n bosslaper. Sy is glo ver verwagtend en is reeds in haar negende maand met die swangerskap. Tydens haar getuienis op 24 April wat deur haar staatshulp-prokureur, Samantha Stanley gelei is, het sy ontken dat sy, Julies en die 4 klein kinders in die moordhuis was. "Ons was nooit in die huis nie en ek stem nie saam met die kind se getuienis nie. Wat hy sê hy in die huis gesien het en ook die geld wat gevat is, is onwaar. Ek het ook nie geweet hy was 'n getuie nie en dit eers in die hof gesien," het sy oor die 8-jarige seun se getuienis gesê. Nobles het ook aangevoer dat daar beloftes aan haar gemaak is as sy teen Julies sou getuig. "Hulle wou hê ek moes 'n verklaring teken, maar ek wou nie." Volgens Kapt Rautenbach se getuienis was sy aanvanklik bereid om ‘n Artikel 204 getuie te word, maar het later van plan verander. Nobles se kruisondervraging deur Harold Engelbrecht het Dinsdag begin en dié van Julies het daarop gevolg.

Tydens die ondervraging het altwee voet by stuk gehou dat hulle nog nooit in die moordhuis was nie. Hulle kon egter nie bewys waar hulle die oggend van die moord was nie. Nobles het eers gesê hulle het hout by die hawe bymekaargemaak en later weer by die perdekamp teen die berg. Altwee het ook aangevoer dat die seun, wat teen hulle getuig het, geïntimideer is en met geskenke omgekoop is om dit te doen. Met die ter perse gaan gister, was die hof steeds in sitting, terwyl altwee die beskuldigdes in aanhouding sal bly. Daar sal volgende week in detail hieroor berig word.

Francois de Jongh

Foto 1: Wyle Jan Nugget Otto

Foto 2: Johan Julies

Foto 3: Mariaan Nobles en Johan Typie Julies

Bylmoordsaak nader einde

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles