Stormsee kortwiek hengel

Stormsee kortwiek hengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sterk stormweer, sinoniem met die winterseisoen, het weer eens die afgelope boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub gekort-wiek. Al raak die hengelaars bekommerd oor hulle jaarpunte, het afgelaste kompetisies geen invloed op die gebruiklike funksies daarna nie. Ongelukkig moes die borgskap deur Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop weer eens vir die volgende kompetisie oorstaan. Net so ongelukkig kon wedstrydsekretaris, Johan Burmeister, nie afgeneem word nie (‘n hartseer saak vir hom!), aangesien daar geen prysoorhandigings gedoen is nie.

Die klubsaal was weer eens gevul met gesellige, kletsende en dansende klublede en gaste. Raymond Rabe het oudergewoonte vir voete-jeuk dansmusiek met sy Musiekfabriek gesorg. Smaaklike vis, skyfies, slaai en nagereg is voorgesit, met ‘n heerlike broodtafel vooraf. Klublid Thys Fourie het vir ekstra geselskap gesorg deur sy dogter, Annette Fourie en Benet Botha van Belville saam te bring, asook Marie Reid se 40-jaarlange vriende/werk-nemers, Paul en Magriet Adams van die Paarl. Dus ‘n gesellige tafel van kennisse, soos dit ook die gebruiklike geval is met ‘n groep Hermanus-vriende wat die klub se funksies gereeld bywoon - alles tekens van genotvolle maandeindfunksies. Die gebruiklike geluktrekking is ook weer deur Johan Wiese gereël, met Margi Muller wat die gelukkige nommers toe-oë moes trek. Die gelukkige wenners was klublid Brain King van Durbanville en Ané Staunton wat vanaf Hermanus kom kuier het.

Die volgende boothengelkompetisie vir die Birkenhead Boothengelklub is vir Saterdag, 19 Julie 2014 geskeduleer, insluitend die gebruiklike en gesellige aandfunksie. Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter by 082-747-3634.

Hardus Botha

Foto: Vlnr is die wenners van die geluktrekking, Brain King en Ané Staunton saam met Margi Muller en Johan Wiese

Stormsee kortwiek hengel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles