Badisa se Ouerleidingkursus

Badisa se Ouerleidingkursus

Gansbaai Courant

“Dit is vir ons as Maatskaplike Werkers van Gansbaai en Stanford ‘n groot voorreg en blydskap om almal van julle in julle hoedanigheid as ouers - mammas - by vandag se seremonie welkom te heet,” het Luzanne Naude, Stanford se Maatskaplike Werker gesê. Die geleentheid was die oorhandiging van welverdiende sertifikate aan die kursusgangers. Dit was ‘n intensiewe kursus oor Ouerleiding, bestaande uit 8 sessies, wat oor ‘n tydperk van sowat 7 maande onderskeidelik in Gansbaai en Stanford deur Badisa aangebied is.

Die kursusaanbieders was die Maatskaplike Hulpwerkers Madelein Fourie (Gansbaai) en Merlé Swart (Stanford), saam met die Gemeenskapontwikkelingswerker, Jo-Anne Lewis (Gansbaai). Hulle is deur die onderskeie Maatskaplike Werkers, Dorothy van Vuuren (Gansbaai) en Luzanne Naude (Stanford), bygestaan.

Die suksesvolle kursusgangers wat hulle welverdiende sertifikate op Dinsdag, 10 Junie 2014 ontvang het, is:

Gansbaai - Chardonny Delport, Charlene Fortuin, Erika Muller, Heidi Arendse, Jaco Siegels, Jeanienne van Zyl, Jennifer Arendse, Lizzie Fortuin en Mina Gardener;

Stanford - Beaulah Phillips, Caroline Booysen, Chrizelle Kapot, Elizabeth Stewart, Ella Moos, Juanita Mcklein, Katrina Robyn, Lee-Ann Arendse, Magreta Muller, Mary-Jane Dreyer en Venesia Swanepoel.

Voorbeelde van die kursusinhoud is onder andere kinderbeskerming, versorging van babas, noodhulpkissies, familieverhoudinge, dissipline, rouprosesse en veel meer. “Kinders is ‘n geskenk van ons Hemelse Vader en hulle bring vir ons groot vreugdes en seën, maar dit gaan ook met eweneens groot uitdagings en verantwoordelikhede gepaard,” het Luzanne gesê. “Soos wat ons kinders egter ouer word, verander die uitdagings en verantwoordelikhede, asook ons rol as mammas en daarom is dit noodsaaklik om kundige inligting, leiding en advies ook op hierdie wyse te bekom - alles tot voordeel en in belang van ons kinders.”

Vir maatskaplike navrae kan Gansbaai Maatskaplike Dienste (Badisa) se kantore, langs die NG Kerkkantoor, by 028-384-0151 gekontak word.

Hardus Botha

Foto 1: ‘n Deel van die suksesvolle kursusgangers van Badisa, kort ná die oorhandiging van hulle sertifikate

Foto 2 :  Gansbaai en Stanford se kursusaanbieders en Maatskaplike Werkers, met vlnr Jo-Anne Lewis, Merlé Swart, Dorothy van Vuuren, Madelein Fourie en Luzanne Naude

Badisa se Ouerleidingkursus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles