Bewaringsnuus

Bewaringsnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Te oordeel aan die positiewe beriggewing in Whale Coast Conservation (WCC) se kleurvolle Nuusbriewe wat maandeliks via e-pos versprei word, gaan dit voor die wind met hulle bewaringsinisiatiewe. WCC het voorheen as die Overstrand Conservation Foundation (OCF) bekendgestaan en hulle fokus op aktiewe bewarings-aksies in die Cape Whale Coast gebied van die Wes-Kaap.

Hulle aktiwiteite beslaan 4 fokus-areas, elk met sy eie strategiese doelwitte: Eco-Learning; Eco-Living; Eco-Community; Eco-Management (including Eco-advocacy & Eco-watch). Dan word daar ook baie aandag aan Eko-skole Programme gegee en hulle word as die grootste Eko-skool skakel (28 geregistreerde Eko-skole) beskou, met 7 hoogs-opgeleide koördineerders.

Een van die groot rolspelers is dr Anina Lee, Kommunikasiebestuurder en ook verantwoordelik vir die maandelikse Nuusbrief.

Hierdie kleurvolle Nuusbrief is baie insiggewend en propvol interessante aktiwiteite wat aangebied word, en is ook gevul met verslae van suksesvolle aanbiedinge en gebeure wat plaasgevind het. Daarmee saam is daar ook gereeld uitnodigings vir die bywoon van aanbiedinge in die bekende Green House buite Hermanus. Die aanbieders in hierdie gevalle is deurgaans hoogs-bekwame mense in hul onderskeie bewarings- en ander gespesialiseerde velde. Onlangse gebeure en aanbiedinge wat op ‘n kleurvolle wyse in WCC se Nuusbriewe uitgelig is, is onder andere Aarddag, Energie-oplossings, Sonkrag-stelsels, ‘n gesprek oor heuningbye se belangrike rol, klimaat-aangeleenthede, verskeie skole- en bewaringsaktiwiteite en veel meer. Beriggewing in die Nuusbrief is insiggewend en word met kleurvolle foto’s geïllustreer - beslis die moeite werd vir enige bewaringsbewuste om te lees. Op Woensdag, 25 Junie om 16:30 (wintertyd) is daar weer ‘n aanbieding in die Green House deur John Duncan, Senior Bestuurder: Marine Programme rakende die status van mariene visserye en toekomsprojekte.

Vir volledige inligting, lidmaatskap en/of vir die ontvangs van die maandelikse Nuusbrief, kan hulle webtuiste by www.whalecoastconservation.org.za besoek word, of skakel 028-316-2527 of stuur 'n e-pos aan hulle by wcc@ocf.org.za. Vir bewaringsbewustes sal kontak met die WCC ‘n groot aanwins wees.

Hardus Botha

 Foto: Dr Anina Lee van Whale Coast Conservation

Bewaringsnuus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles