In Memoriam Lily Hulme

In Memoriam Lily Hulme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Lily Magdalene (Lily) Hulme van De Kelders is op Vrydag, 15 Junie 2014 in die ouderdom van 87 jaar en enkele maande oorlede. Lily was tot onlangs toe nog gesond, maar is ná ‘n ligte hartaanval sowat ‘n maand gelede, oorlede.

Sy is op 18 Januarie 1927 in Philippi op die Kaapse Vlaktes gebore, waar sy ook grootgeword het en met wyle Jan (Johannes) Hulme in die huwelik bevestig is. Lily, met die Duitse nooiensvan van Abeln, was die 2de geslag van die Duitse Abeln-familie wat vanaf Duitsland na die Oos-Kaap moes gaan. Hulle is egter “per abuis” in Philippi afgelaai waar hulle letterlik met geen besittings met ‘n nuwe lewensbestaan moes begin.

Wyle Jan en Lily het gedurende 1952 in Philippi met ‘n familie-besigheid in die vervoerwese, JGS Hulme Vervoer, begin. Sy het sedert 1952 as sekretaresse in die familie-besigheid gewerk - tot en met hulle aftrede aan die einde van 1974. Direk daarna het die egpaar gedurende Januarie 1975, bykans 40 jaar gelede, na De Kelders verhuis, waar wyle Jan haar sowat 32 jaar gelede in die ouderdom van 55 jaar ontval het. Die egpaar het 3 seuns in Gansbaai: Johan Hulme, getroud met Elcine; Willie Hulme, getroud met Patsy; Frans Hulme, getroud met Caroline. Dan het sy ook ‘n dogter, Marie, getroud met Pietie Görgens van Brackenfell. Sy was geseën met 9 kleinkinders en 9 agterkleinkinders. Lily laat haar 3 seuns, 1 dogter, skoonkinders, 9 kleinkinders en 9 agterkleinkinders agter.

‘n Roudiens vir Lily word op Saterdag, 21 Junie 2014 in die NG-gemeente deur ds Dirk van Dyk gehou.

Hardus Botha

Foto: Wyle Lily Hulme wat onlangs oorlede is, met een van haar agterkleinkinders op haar skoot

In Memoriam Lily Hulme

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles