Meer en meer soos Jesus 2

Meer en meer soos Jesus 2

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Julle is die sout vir die aarde. Julle is die lig vir die wêreld. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat 5:13-16)

Die Christendom het amptelik in 313 n.C. erkende status gekry en 381 n.C. met die Edik van Milaan het dit die staatskerk geword. Maar daar is ’n groot verskil tussen die Christendom wat gaan oor instellings en tradisies en jou en my Christenskap wat te doen het met ’n lewende verhouding met Jesus Christus! In die Christendom dink kerk en mense dat hulle outomaties as die bevoorregtes beskou kan word. In die Westerse wêreld is die “Christendom” iets van die verlede. Tradisionele kerke verdwyn al hoe meer en hulle invloed neem af. Kerk toegaan en kerkwees begin verdwyn – en al hoe meer gelowiges soek hulle spiritualiteit in klein groepe en  huiskerke. Maar is dit wat nou gebeur noodwendig slegter as voorheen? 

Vir Jesus het dit nooit gegaan oor kerke en instellings nie. Jesus praat nooit oor kerkwees nie – maar oor Christenskap – om te leef soos Jesus! Vir Hom het “kerk” gebeur wanneer Hy een vir een mens beïnvloed het, of in die geselskap van Sy dissipels  hulle geleer het wat Sy Vader se wil is. Jesus se wandel en omgang met Sy dissipels was altyd gekenmerk deur opregte belangstelling en omgee. Daarom ook Sy woorde wat ons hierbo uit Matteus 5:13-16 aanhaal. Ons is GOD se sout vir die aarde en Sy lig in die wêreld! Waar ons gaan (en nie sit nie!) is ons besig om mense lief te hê met Jesus se manier van liefhê. Ons gesels met die verstotenes en die weduwees, ons lê ons hande op die siekes en ons deel brood uit aan die wat honger is. Ons verkoop ons oorvloed van besittings en deel dit uit aan die armes wat GOD op ons pad stuur. Jesus verwag dat ons met ons ligte sal skyn in mense se lewe wat verward is omdat hulle nie meer GOD raaksien in die wêreld nie. Dit is nie die kerk wat moet skyn nie – maar ek en jy! Daarom sê ek weer: Ons kan nie die kerkbanke warm sit maar buite rondom ons is daar baie mense wat koud kry en honger is omdat ons só besig is met die instandhouding van die Christendom!

Kom my vriend, vriendin, mede-christen, kom uit jou warm huis, jou veilige besigheid en steek uit jou hande na die wêreld daar buite waar Jesus wil hê jy moet getuig – nie met nog ’n preek of kritiek nie – maar met ware liefde en ’n hart wat brand van omgee vir jou broer en suster in nood.  Kyk hierdie week waar jy ’n verskil kan maak in iemand se lewe!

Meer en meer soos Jesus 2

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles