Spinal Massage - Wat is dit

Spinal Massage - Wat is dit

Gansbaai Courant

Die Breuss Spinal Massage is ontwikkel deur die ontslape Oostenrykse geneser Rudolf Breuss en is ‘n hoogs effektiewe tegniek om die ruggraat te behandel.

Met gewone massering word daar op spiere gekonsentreer, maar met ‘n spinale massering word daar slegs op die ruggraat gefokus. Die kliënt  lê gemaklik op sy maag terwyl die geneser sy rug met verskillende sagte dog ferm hale stryk (met olie), van die nek tot by die stuitjie al langs die ruggraat af. Die kliënt ontspan geheel en al en daar is geen pyn betrokke nie. ‘n Sessie is allermins tydrowend en duur slegs  30 tot 45 minute afhangende van die kliënt se behoeftes. Tydens die laaste fase van die sessie gebruik die terapeut die energie in sy hande as ‘n genesingstegniek om die spinale energie te balanseer en enige fisiese, sielkundige of selfs spirituele blokkasies te verwyder. Omdat dit ‘n nie-manipulerende tegniek is, vorm dit ‘n brug tussen fisiese en nie-fisiese tegnieke sodat ‘n meer holistiese benadering tot genesing en welstand gevolg kan word. 

Wie sal daarby baat vind? Dit is van hulp vir diegene met rugprobleme, diegene wat knaend of tydelik ‘n seer of moeë rug het en daarvan ontslae wil raak of dit wil verfris, of diegene wat  die ruggraat weer wil align en voed of in stand hou. Ook help dit wanneer senuwees in die werwels vasgedruk word en ander simptome veroorsaak in ander liggaamsdele. Die senuwees hardloop vanaf die ruggraat na verskillend spiere en organe in die liggaam en kliënte ervaar soms dat ander verwante simptome en kwale ook verdwyn. Omdat dit so ontspannend is, gebruik sommiges dit dikwels bloot om fisies, verstandelik of sielkundig te ontspan. Die beginsel betrokke is dat daar nie ongemak kan wees in die aanwesigheid van ‘n ontspanne toestand nie! Dit is dus ‘n kragtige metode om mense te leer ontspan en die liggaam se natuurlike genesingskapasiteit toe te laat om oor te neem. 

Volgens Breuss funksioneer die ruggraat soos enige ander lewende organisme. Dit is in ‘n konstante gespanne of ontspanne toestand. Om optimaal te funksioneer moet dit gevoed word en benodig dit rus. ‘n Mate van stres deur middel van bewegings is ook nodig. Gedurende die dag word ons ruggraat, en veral die werwels, ingespan en moet hulle as skokabsorbeerders dien wanneer ons staan, loop of sit. As gevolg daarvan word daar druk uitgeoefen op die werwels, en die vog daarin verminder sodat die werwel as’t ware verklein. Ons is eintlik in die aande ‘n bietjie korter as in die oggende. As ons slaap, ontspan die ruggraat, strek dit weer uit en die werwels herstel deur die  vloeistof wat weer opgesuig word, amper soos ‘n droë spons wat water opsuig. Hierdie proses word gedurende die dag gesaboteer as ons metabolisme om een of ander rede uit is of wanfunksioneer.   ‘n Spinale massering help om die ruggraat, soos tydens slaap, weer uit te strek en met behulp van olie word die werwels weer gevoed. In hierdie ontspanne toestand kan die ruggraat weer veilig en pynloos in lyn gebring word. 

Diegene wat die Breuss Spinal Massage bestudeer en ervaar het, is daarvan oortuig dat die tegniek uniek, hoogs effektief, veilig en totaal ontspannend is. Dit het as terapeutiese tegniek die potensiaal om hoogs in aanvraag te word in verskillende soort welstands-, gesondheids- en rehabilitasiesentrums. Dit kan gebruik word vir ‘n eenmalige behandeling, maar ook wanneer herhaalde behandeling nodig is vir rehabilitasie of om ‘n gesonde toestand te verseker. Dit vervang egter nie mediese advies en behandeling waar benodig nie. 

Henri Theron is die Breuss Spinal Massage praktisyn in Gansbaai en omgewing. Hy was ‘n voorligtingsielkundige en is gekwalifiseerd as ‘n Dorn and Breuss Massage Practitioner. Hy funksioneer vanuit ‘n huis in De Kelders en het ook mobiele fasiliteite om mense aan huis te besoek indien hulle dit so sou verkies.  Hy  kan  by  078 2844042  of h-theron@telkomsa.net gekontak word.

Spinal Massage - Wat is dit

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles