Kom nou weer by Black Leaves

Kom nou weer by Black Leaves

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 Black Leaves van Gansbaai se wind was mos verlede week behoorlik uitgeduik deur Worcester (Hamiltons). Die vraag is net, hoe goed het hulle daarna herstel om komende Saterdag, 21 Junie die Koue Bokke-velders, Hamlets, van Ceres aan die brand te speel hier op Gansbaai.

Terug na die spel rugby wat gemeenskappe bymekaar bring. Sal die Baai Saterdag vir mekaar moet speel en die stigma van die verlede wat nog vasklou, vergeet? Daar kan verwag word dat die Baai se 3de span hul ongeskrewe rekord, wat tuis teen Worcester skade gely het, wil regstel. Jy soek nie na hulle nie - hulle is altyd daar, maar dit is gewoonlik hierdie tyd van die seisoen wanneer amateurrugby op dorpe sy wind verloor. Dit lyk of Black Leaves se tweede span hul tans in die wildernis van rugby bevind.

Black Leaves soek graag weer sy premierliga-status terug, wat nie onmoontlik is nie. Met nog twee ligawedstryde oor in die eerste helfte moet jy dit glo dat hierdie span van die Baai beslis in 'n ander rat sal spring. Black Leaves se A-span daag nog nie op soos 'n span met die meeste senior ervaring teenoor die ander spanne in hul afdeling nie.

O ja, die Baai het nog goeie potensiële kanse om goed te eindig onder die eerste vier vir uitspeelwedstryde. Dit is juis daar waar hierdie span onstuitbaar kan wees soos in die verlede, maar om deur 'n agterdeur te speel kan nogal veeleisende faktore tot gevolg hê.

Hier is 'n sein wat moet uitgaan: nog net een swak vertoning deur die A-span (spesiaal) en onmiddelike herstruktuering sal moet plaasvind. Daar sal van 'n kant af gekyk moet word, byvoorbeeld “onder na bo of andersom” van wat gaan fout wees. Die feit is dat daar nie 'n tekort van spelers op die dorp kan wees nie. Huiswerk, huiswerk en nogmaals huiswerk. So, Morné Bradbury en Michael Vermeulen (afrigters), die vergrootglas is op julle. (Vir eers voorspoed vir Saterdag teen Hamlets.)

Weet julle wat - die alomteenwoordige Gregory Brett (alias Yster) sal die hele seisoen buite aksie wees weens 'n selfverdedigingsaanval wat hy moes afweer en sodoende met tientalle steke in die voorarm sit.

So sê Bra "G"

Kom nou weer by Black Leaves

So se Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles