Eerstens geluk aan die volgende gholfers met hul verjaarsdae: me P Viljoen (15) en Z Zellmann (16), die president van die klub, Johan Coetzee (17), J Demes (17), Wolfgang Walther (20), Wessel Wessels (24), Johan Kruger (23) en Wilhelm Naude (29).
WOENSDAG 11 JUNIE : Die manne is terug. Fantastiese tellings is ingebring. 1. Daan Victor 42 punte (bruto 76). 2. Charlie Bent 40 (bruto 74). 3. Royce Woods 39. 4. Dawie Rossouw 37 en George Hunt ook 37. Spogtwees : R Woods, S Neethling, R Jerrard en Bev Swart. Naaste aan die penne: Sextus Neethling, Charlie Bent en Steve Muller.
VRYDAG 13 JUNIE (9 PUTJIES) : D van der Merwe (telling 21) wen, en tel vir Solly Wessels en J Pieterse uit, beide met 21 punte. Lambert Smith was vierde met 20 punte.
SATERDAG 14 JUNIE : Net vier spelers het die weer getrotseer. Hulle moes egter na nege ook die handdoek ingooi. Bev Swart, George Hunt, Andre Roos en Frikkie van Eeden het soos natgereënde hoenders van die baan afgestap. Hulle het ook in daardie volgorde geëindig. Onthou die trekking Vrydagaand en hierde keer gaan Toekie ons verras met gevulde kerrie- vetkoek asook pampoenkoekies soos ons oumas dit gemaak het (kaneelsuiker).
VOLGENDE STEAKAAND 4 JULIE BESPREEK EN MAAK SEKER VAN JOU PLEK ! GHOLFGROETE.
Jannie Brandt
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441
Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com