Die water is baie wisselvallig

Die water is baie wisselvallig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met die water wat onstuimig is is die seetoegaandae weer aan die min kant, hoewel dit laas Vrydag en Saterdag heel aangenaam was. Al wat werklik genoem kan word is die mooi silwervis wat gevang was. Ordentlike romanne is darem ook aangekeer en ook heelpaar hotties, hoewel hulle ook nie juis wild aan die byt gegaan het nie. Wat met my gebeur het was dat ‘n redelike mooi  vis aan die hoek (deur ‘n haai?) afgehap is en ek net met die kop aan bly sit het. Dis lelike goed daai! Baie manne se oë was vasgenael op die seewater met die idee dat die snoek sy opwagting moet maak, maar verniet!

Ek het ‘n baie interessante rede vir die afwesigheid van die snoek verneem en dit is dat die seebodem hier by ons nie vir die snoek op die oomblik aanvaarbaar is nie. Totdat dit verander is die kanse skraal dat hierdie vis hier sal opdaag. Miskien is daar ‘n meer aanvaarbare verklaring. Dis nou buiten die normale verskoning oor weerstoestande. Normaalweg dop die snoekies by Kleinmond en Hermanus uit voor ons ‘n beurt kry, maar daar is mos altyd die uitsondering. Daar word steeds by bote ingebreek en dit lyk asof die teiken die vol petroltenks is. Ook die batterye is nie veilig nie. In een geval is by die skipper se huis ingekom en sy kamera gesteel   --  en dit terwyl hy en sy vrou in die huis geslaap het. Indien dit nie moontlik is om jou boot weg te bêre en toe te sluit nie, wees asseblief voorbereid op so ‘n skelmsteek.

Einde van die naweek het die water gewys dat geen hengelaar dit eers moes oorweeg om see toe te gaan nie. Ek hou daarby dat, sodra die see dit toelaat, die vis sal beginne byt. Hoe lank kan dit nou duur? 

Groete, Seemeeu

Die water is baie wisselvallig

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles