4 Gansbaaiers Blink

4 Gansbaaiers Blink

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Drie bekende Gansbaaiers het Gansbaai se naam op hul onderskeie terreine onlangs weer op nasionale vlak laat blink. Hulle is Hugh-Daniel Grobler, Andries Laubscher, Niel Jonker en Kobus Gerber van Lomond Wyne. Gansbaai Courant dra graag gelukwense aan hulle oor.

Hugh-Daniel Grobler - Hy is onlangs as wenner in die gesogte Buite (Die Burger) en Cape Union Mart se Natuurfotokompetisie aangewys. Sy wenfoto is dié van ‘n brander wat hy by die Plaat, langs De Kelders geneem het. Nog een van sy seefoto’s het onder die eerste 10 geval. “Ek het baie lank aan my tegniek om die brander op hierdie besonderse wyse af te neem, gewerk,” vertel Hugh-Daniel.  Hugh-Daniel se wenprys sluit die volgende in: ‘n Nikon D7100-kamera met ‘n 18-140 mm-lens (R22,595); ‘n R11,000 koopbewys van Cape Union Mart; 2 aande se verblyf vir 2 in Sanparke se Mokala Nasionale Park by Kimberley. Hy is reeds sedert 1990 ‘n Gansbaaier en is ‘n werknemer van Gansbaai Munisipaliteit. Hy is ‘n lid van Gansbaai Fotografieklub en etlike van sy foto’s is al deur Die Burger geplaas. Hugh-Daniel spog reeds met etlike vorige eerste plekke in groot fotokompetisies, soos Die Weg se Foto van die Jaar Kompetise, ZigZag Magazine, Tamron se jaarlikse kompetisie, Shoot to Thrill, Camera Land se maandelikse kompetisie en die Wild Fruit Juice kompetisie.

Andries Laubscher (foto 2) - Sy verskyning op verlede Vrydagaand se TV-program, Noot vir Noot, het suksesvol verloop en hy het as wenner met kontant ten bedrae van R6,950 uit die stryd getree. Ongelukkig het hy met die “Maak of Breek” afdeling net-net nie geslaag nie, “terwyl ek al die liedjies geken het, maar dit was net pure senuwees!” Andries sal nou op 18 Julie saam met Noot vir Noot se semi-finaliste ‘n plek in die finaal uitspook. Andries is ‘n Debiteure-/Krediteure Klerk by Build It en is 'n Weskusseun wat sowat 12 jaar gelede na Gansbaai verhuis het. Hier het hy sy musiekloopbaan ernstig begin opneem, met verskeie optredes soos Idols Supersterre, Matt Hurter se optredes, Fees van die Ganse (5), Kreef Derby en vele meer, asook optredes buite Gansbaai. Sy hoogtepunt was die vrystelling van sy eerste CD in 2007, Uiteindelik, met sy tweede CD, “Maak dit lekker” wat in 2012 vrygestel is. 

Niel Jonker (foto 3) - Niel het onlangs op KykNet se program, Kokkedoor, verskyn. Kokkedoor is ‘n koskook-reeks waar sjef-spanne teen mekaar meeding en dan op grond van hulle disse se smaak en voorkoms uitgeskakel word. “Vir dié spesifieke episode is ‘n kunstenaar vir elke sjef-span beskikbaargestel, wat ‘n kunswerk moes saambring,” vertel Niel. Die sjef-span gebruik dan die kunswerk as inpirasie vir die dis wat voorgeskryf is.  

“Die tema was yskasterte, wat nogal ‘n unieke en moeilike kossoort is om aan ‘n kunswerk te koppel.”

Ander kunstenaars, wat saam met Niel uitgenooi was, is Joshua Miles, Hennie Meyer, Theo Kleinhans en Jan du Toit. Niel het sy bronsbeeld, “Colourful smoke” saamgeneem en sê sy sjef-span het die vorm baie goed met die karamel, wat die koek versier het, geassosieer. “Die koek het baie lekker gesmaak en gelukkig is my sjef-span nie uitgestem nie, maar Joshua se span het daardie episode gewen. Niel, Baardskeerdersbos se talentvolle kunstenaar en beeldhouer, het geen bekendstelling nodig nie. Sy kunswerke is verweef in landskap-, stillewe- en figuurlike/beeldende skilderye, asook in beeldhouwerke, terwyl hy ook broodmaak-werkswinkels aanbied.

Lomond Wynlandgoed (artikel hierna) - Lomond Wynlandgoed het weer eens die internasionale kollig op die suidelike punt van Afrika laat val met ‘n goue toekenning tydens die gesaghebbende Decanter World Wine Awards in London.

Hardus Botha

4 Gansbaaiers Blink

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles