Trotse kompetisiewenners

Trotse kompetisiewenners

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eerste helfte van Gansbaai Fotografieklub se interne fotokompetisie se wenners is op Maandag, 16 Junie 2014 aangewys.

Die tema was “weerkaatsings” (“reflections”) en uitstekende foto’s is beoordeel en aan die lede vertoon. 15 klublede het altesaam 37 foto’s vir die kompetisie ingeskryf en die koördineerder was Marc du Plessis. Die beoordelaar, Max Leipoldt van Hermanus Photo Society, het etlike punte van kritiek aan die lede uitgewys. Tydens die vertoon van die foto’s het Max insiggewende en leersame inligting oor sy finale besluite aan lede oorgedra.

“Die beoordeling het in verskillende fases geskied, totdat ek by die finale groep van 8 foto’s uitgekom het en al die foto’s was net aan nommers gekoppel en nie aan persoonsname nie,” het Max gesê. Linda Kloppers se foto is as die algehele wenfoto aangewys.

Die wenners van die kompetisie, asook hulle opwindende pryse en gewaardeerde borge daarvan, is: 1ste - Linda Kloppers (Walvisboot-rit vir 2 [R1,600], geborg deur Ivanhoe Sea Safaris); 2de - Jane Bailey (Walvisboot-rit vir 1 [R850], geborg deur Dyer Island Cruises); 3de - Clive Bailey (Kamerasak [R800], geborg deur ORMS); 4de - Jane Bailey (R300 koopbewys, geborg deur Junior Krüger van Tiekiedraai); 5de - Marc du Plessis (R150 koopbewys, geborg deur Tuscany’s Coffee Shop); 6de - Marc du Plessis (R100 koopbewys, geborg deur Sportzone); 7de - Veronica du Plessis (3-bottelwyn geskenkpak, geborg deur Walker Bay Liquors); 8ste - Clive Bailey (2-bottelwyn geskenkpak, geborg deur Bblondes Restaurant).

Dan was daar ook 4 gekonsolideerde pryse van R50-koopbewyse, geborg deur Gansbaai OK Foods. Die wenners daarvan was Kobus van Staden, Christo Wessels, Hugh-Daniel Grobler en Marc du Plessis. “Ek beskou die verloop en finalisering van die kompetisie as uiters suksesvol en ook leersaam,” het Christo Wessels, voorsitter gesê. Dan het Gansbaai OK Foods ‘n pragtige Wisseltrofeë vir die klub se interne kompetisies geskenk en geborg, met groot waardering teenoor hulle.

Gideon Jansen van Vuuren, Bestuurder: Gansbaai OK Foods, het die trofee aan Linda Kloppers oorhandig. Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Foto : Die trotse kompetisiewenners van Gansbaai Fotografieklub, met voor vlnr Deon Kloppers (nms Linda Kloppers), Veronica du Plessis, Clive en Jane Bailey en Marc du Plessis. Agter vlnr is Gideon Jansen van Vuuren van Gansbaai OK Foods, Christo Wessels en die beoordelaar, Max Leipoldt.

Trotse kompetisiewenners

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles