In Memoriam Nico Marais

In Memoriam Nico Marais

Gansbaai Courant

Nico Marais (regs) is oorlede ná ‘n operasie om verstopte are van sy middellyf na sy bene met sintetiese are te vervang. Die operasie op Donderdag, 12 Junie was ‘n sukses en hy was Sondag uit Intensiewe sorg na die Algemene saal oorgeplaas. Maandag het hy nog goed aangesterk, maar kry toe later ‘n hartstilstand en interne bloeding. Daar is toe weer ‘n operasie op hom uitgevoer - hy het net aanhou bloei wat nie gestop kon word nie. Daarna is daar lank probeer om hom te red, maar tevergeefs en hy is op Woensdag, 18 Junie 2014 oorlede.

Nico is op 29 Junie 1951 te Montagu gebore. Sy ouers het op die plaas Poortjieskloof, geleë op die pad tussen Montagu en Barrydale, geboer. Nico het sy skoolloopbaan in Montagu voltooi - eers in die Laerskool en daarna in Montagu Hoërskool. In 1969 slaag hy sy matriek en was ook ‘n gewilde seun wat tot die leerlingraad verkies is.

Na skool is Nico na Stellenbosch Universiteit waar hy die graad B.Com verwerf het. Om studieskuld te betaal het hy aanvanklik op 'n vissersboot gewerk en daarna was hy betrokke in die kleinhandel voordat hy later by Sasko begin werk het.

Ongeveer 13 jaar gelede verhuis hy na Gansbaai en koop ‘n restaurant, wat hy vir 'n kort tydperk bedryf het. Kort daarna het hy Gansbaai Matte geopen, wat hy tot en met sy dood suksesvol bedryf het. Nico het uit sy pad gegaan om te alle tye goeie diens te lewer.

Annalise Carstens en Nico het mekaar op 21 Januarie 2000 ontmoet. Nico het ‘n seun uit sy vorige huwelik gehad - Francois is nou 34 jaar oud en woon in die Strand. Annalise het 2 dogters gehad: Anine, getroud met Burgert en Adele, getroud met Gareth - elke gesin het 'n baba-dogtertjie. Burgert gaan Gansbaai Matte bestuur - hulle was in Engeland sedert 2001, maar kom terug om hulle weer in Suid-Afrika te vestig. Nico was baie betrokke by 'n groep van Montagu Hoërskool se klasmaats wat gereeld saamgekuier het.

Die groep maats kom jaarliks byeen om sommer net lekker saam te kuier en gesels. Hy was sedert laerskooldae in 'n bende (die Boksombende) saam met klasmaats Wally Krumm, Johan Retief en Fanie Bothma betrokke - hulle was pragtige soet seuntjies wat nooit vrugte gesteel het nie!

Die matriekklas het ook reünies gehou, waarvan die 40ste herdenking in 2009 plaasgevind het. Dit is op Montagu gehou gedurende ‘n naweek waar almal lekker saamgekuier het en dit is afgesluit deur saam die erediens op die Sondag by te woon - ds Steenkamp (sy seun was 'n klasmaat) wat ons almal voorgestel het, was ook teenwoordig.

Op aandrang van baie klasmaats word daar reeds beplan vir die 45ste herdenking vir later hierdie jaar - ons sal dit nou sonder Nico moet doen en sal sy humor baie mis.

Nico was ook ‘n sosiale mens wat graag saam met sy vriende verkeer het. Hy het graag gehengel (veral in Namibië) en was ook lief vir jag en het ook graag sport op TV gekyk. Ongeveer 6 jaar gelede het hy die uitdaging aanvaar om die berg Kilimanjaro uit te klim - ‘n ekspedisie wat hy met vleuende vaandels geslaag het. Almal van ons sal Nico se lag, vrolikheid en humor mis.

Fanie Bothma

In Memoriam Nico Marais

Fanie Bothma

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles