Meer en meer soos Jesus 3

Meer en meer soos Jesus 3

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek wil nou ’n baie ernstige versoek tot julle rig. Ek doen dit omdat julle begryp hoe baie GOD vir julle omgee. Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in GOD se hand wees. ’n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan.” (Rom. 12:1 Boodskap)

Ek loop nou die dag iemand in die straat raak wat my konfronteer met die feit dat ek skryf ons moet meer en meer soos Jesus word. “Dit is mos nie moontlik dat ons kan doen wat Jesus gedoen het nie, Boet! Hy is immers GOD en ons is sondaarmense!” “Ja, Oom,” het ek geantwoord, “maar GOD vra van ons in Sy Woord om dit te doen en Hy stel ons daartoe in staat deur die Heilige Gees in ons.”

Wat dink jy, my vriend in Jesus Christus, kan ons nie leef soos Jesus nie? Luister mooi na Paulus se woorde in Romeine 12:1 en verder.

Ons moet almal werklik probeer om te lewe soos GOD van ons vra. Nie omdat ons daardeur iets kan verdien of GOD probeer tevrede stel nie, maar omdat Hy, die Hemelse Vader, alreeds só baie vir ons gedoen het, dat ons nie anders kan as om ons dankie te leef nie. Besef weereens, sê Paulus, hoe baie GOD vir jou omgee! En as ons dit besef of dalk begryp sal ons GOD elke dag vra om ons bekwaam te maak om ons lewe as offer vir Hom te gee. Dit is nie maklik nie – maar wie het gesê dat jou Christenskap maklik gaan wees. As Jesus só ’n verskriklike prys moes betaal om ons te red, sal ons bietjie swaarkry of oefening in die geloof niks in vergelyking met Sy offer wees nie!

Jesus het verstaan van offers. Om jouself te gee. Want Jesus het Homself weggegee. Hy het Sy lewe gegee. Jesus-geloof  is alles of niks. Of jy volg Jesus 100% of jy soek ’n ander godsdiens wat nie veel van jou vra nie. As jy die dag besluit om Jesus te volg dan moet jy bereid wees om te doen wat Hy vra. Ja, jy gaan jou wang moet draai as iemand jou klap of bedrieg. (Mat. 5:39 )Jy gaan die minste word as daar van jou kwaadwillige dinge gesê word. Al voel jy soos die werkers wat die hele dag gewerk het en dieselfde betaal word as dié wat net één uur gewerk het – jy bly stil en loof GOD vir Sy goedheid en liefde(Matteus 20).

Wil julle ook nou omdraai soos baie van Jesus se eerste volgelinge gedoen het? Is die prys te hoog, word daar te veel van jou gevra? STOP. GOD sal jou nie meer van jou vra as wat Hy bereid is om deur Sy Heilige Gees in jou te bewerk nie. Hy het jou nie geroep as dissipel (dienaar) as Hy nie elke tree saam met jou gaan stap nie. Kom, trek aan jou werksklere, daar is ’n baie groot oes wat ons vir die Koning moet gaan insamel!

Meer en meer soos Jesus 3

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles