Meer en meer soos Jesus 3

Meer en meer soos Jesus 3

Gansbaai Courant

“Ek wil nou ’n baie ernstige versoek tot julle rig. Ek doen dit omdat julle begryp hoe baie GOD vir julle omgee. Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in GOD se hand wees. ’n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan.” (Rom. 12:1 Boodskap)

Ek loop nou die dag iemand in die straat raak wat my konfronteer met die feit dat ek skryf ons moet meer en meer soos Jesus word. “Dit is mos nie moontlik dat ons kan doen wat Jesus gedoen het nie, Boet! Hy is immers GOD en ons is sondaarmense!” “Ja, Oom,” het ek geantwoord, “maar GOD vra van ons in Sy Woord om dit te doen en Hy stel ons daartoe in staat deur die Heilige Gees in ons.”

Wat dink jy, my vriend in Jesus Christus, kan ons nie leef soos Jesus nie? Luister mooi na Paulus se woorde in Romeine 12:1 en verder.

Ons moet almal werklik probeer om te lewe soos GOD van ons vra. Nie omdat ons daardeur iets kan verdien of GOD probeer tevrede stel nie, maar omdat Hy, die Hemelse Vader, alreeds só baie vir ons gedoen het, dat ons nie anders kan as om ons dankie te leef nie. Besef weereens, sê Paulus, hoe baie GOD vir jou omgee! En as ons dit besef of dalk begryp sal ons GOD elke dag vra om ons bekwaam te maak om ons lewe as offer vir Hom te gee. Dit is nie maklik nie – maar wie het gesê dat jou Christenskap maklik gaan wees. As Jesus só ’n verskriklike prys moes betaal om ons te red, sal ons bietjie swaarkry of oefening in die geloof niks in vergelyking met Sy offer wees nie!

Jesus het verstaan van offers. Om jouself te gee. Want Jesus het Homself weggegee. Hy het Sy lewe gegee. Jesus-geloof  is alles of niks. Of jy volg Jesus 100% of jy soek ’n ander godsdiens wat nie veel van jou vra nie. As jy die dag besluit om Jesus te volg dan moet jy bereid wees om te doen wat Hy vra. Ja, jy gaan jou wang moet draai as iemand jou klap of bedrieg. (Mat. 5:39 )Jy gaan die minste word as daar van jou kwaadwillige dinge gesê word. Al voel jy soos die werkers wat die hele dag gewerk het en dieselfde betaal word as dié wat net één uur gewerk het – jy bly stil en loof GOD vir Sy goedheid en liefde(Matteus 20).

Wil julle ook nou omdraai soos baie van Jesus se eerste volgelinge gedoen het? Is die prys te hoog, word daar te veel van jou gevra? STOP. GOD sal jou nie meer van jou vra as wat Hy bereid is om deur Sy Heilige Gees in jou te bewerk nie. Hy het jou nie geroep as dissipel (dienaar) as Hy nie elke tree saam met jou gaan stap nie. Kom, trek aan jou werksklere, daar is ’n baie groot oes wat ons vir die Koning moet gaan insamel!

Meer en meer soos Jesus 3

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles