In Memoriam Corn Swart

 In Memoriam Corn Swart

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Corn Swart is op Saterdag, 14 Junie 2014 in die ouderdom van 83 jaar oorlede. Hy was ‘n inwoner van Huis Breda Versorgingsoord.   

Corn is op 31 Januarie 1931 in Goedvertrouw naby Gansbaai gebore. Hy het die kaap verlaat om geld in Johannesburg te gaan verdien.

Gedurende 1957 is hy met wyle Alida in die huwelik bevestig en die egpaar het 3 kinders, 6 kleinkinders en 3 agterkleinkinders. Die laaste agterkleinkind is op die dag van sy begrafnis gebore. Corn het aanvanklik by vele plekke gewerk, maar in 1952 begin hy sy beroepsloopbaan by die destydse Spoorweë en Hawens, waar hy vir 34 jaar tot en met sy aftrede in 1986 gewerk het. Hy was lief vir musiek maak en hengel. Hy was 6 jaar oud en kon nie eens ‘n trekklavier vashou nie, maar hy het dit gespeel. Oom Corn kon nie eens ‘n musieknoot lees nie, maar gee hom net so paar note op die oor, dan het hy ingeval en saamgespeel.

Die feit dat hy na die destydse Transvaal verhuis het, het hom nie sy liefde vir die see laat verloor nie. Na sy aftrede het hy na Gansbaai verhuis en was vir etlike jare ‘n lid van die Birkenhead Boothengelklub, waartydens hy met verskeie bote see toe gegaan het. Dit is ook hier waar oom Corn sy seun en dié se twee seuns leer visvang het. Tot op 75-jarige ouderdom is hy met die bote uit en meer as een keer was al drie geslagte op die boot en die kompitiesie was aan die gang. As kleinkind vir oupa wen, het oupa maar net gelag en gesê dit is omdat oupa hulle so mooi geleer het. Con is vir die afgelope 4 jaar ‘n inwoner van Huis Breda Versorgingsoord van Dirk en Eva Büchner.

Sy seun, Jurie Swart, dra graag sy opregte dank en waardering oor aan die goeie versorging wat Corn tydens sy verblyf aldaar ontvang het.

Hardus Botha   

Foto: Corn Swart (83), ‘n inwoner van Huis Breda Versorgingsoord, wat onlangs oorlede is

 In Memoriam Corn Swart

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles