Pret met rekenaars

Pret met rekenaars

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Indien daar ouers is wat wonder wat vang die groep jongmense van Gansbaai Gamers tydens hulle byeenkomste aan, wees gerus - vir hulle is dit groot en suiwer pret. Die groep, onder leiding van hulle sameroeper, Jacques van Lill, het weer verlede Saterdag in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal bymekaargekom. “Daar was sowat 30 lede met 20+ rekenaars bymekaar,” vertel Jacques. “Wat vir my baie positief is, is dat daar baie nuwelinge bygekom.”

Sy regterhand is sy broer, Riaan van Lill, eienaar van Computer Something wat verantwoordelik is vir die enorme taak van opkoppeling, bedrading, klanksisteem en sommer vir alles wat nodig is om die “bedryf” behoorlik aan die gang te kry. Riaan kan by 076-647-6443 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by admin@gansbaaisa.co.za.

Die groep is van vroeg tot laat op ‘n Saterdag bedrywig. “Hierdie keer het ek nie ‘n borg vir bietjie verversings gevra nie, maar ek sal volgende keer weer so maak, aangesien ons altyd tegemoetgekom word met verversings vir die byeenkomste,” sê Jacques. “Ons reël ook ons byeenkomste kort voordat die skole sluit en dan weer voordat dit heropen sodat ons nie inbreuk maak op leerders se aktiwiteite en eksamens nie.”

Die twee broers doen graag die volgende bedankings: lede wat opgedaag het; ouers wat toestemming daarvoor verleen; Johan van Staden van Suidsee Wireless wat gereeld ‘n regterhand is met internet-opkoppelings. Dit is weer eens bevestig dat ouers gerus kan voel oor hierdie byeenkomste en dat dit loutere pret en gesellige samesyn tussen die jongelinge is, in plaas daarvan om elders en op ongewenste plekke te gaan kuier. "Baie dankie ook aan tannie Glenda Kitley van Gansbaai Toerisme vir die saalfasiliteite wat tot ons beskikking gestel word," sê Jacques.

Navrae rakende die Gansbaai Gamers kan aan Jacques by 072-786-2340 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.

Hardus Botha

Foto: Verlede  Saterdag se rekenaar-jongmense, met vlnr in die 2de ry Riaan, Jacques en Elzaan (voormalige Mej Fees van die Ganse) van Lill, saam met Bianca de Koning (voormalige Gansbaai Academia Hoofdogter), wat vanaf Bloemfontein Universiteit kom kuier het.

Pret met rekenaars

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles